Mossel Bay Advertiser

Kind veilig in ma se sorg

- Louise Karsten

‘n Dertienjar­ige seun van Riversdal wat na bewering sonder sy familie se medewete na Groot-Brakrivier geryloop het, is die afgelope naweek veilig terug aan sy ma besorg.

Volgens die woordvoerd­er van die polisiesta­sie op Groot-Brakrivier, sers Chantel Marais het die kind Saterdag by inwoners van Groot Brak aangeklop.

“Die kind beweer dat hy reeds op Dinsdag, 10 April vanaf Riversdal na Groot Brak geryloop het. Volgens hom ken hy die mense by wie hy aangeklop het in Groot Brak. Die inwoners sê egter dat hulle nie weet wie die kind is nie en die polisie is in kennis gestel.”

Marais sê kst Laurianne Botha het inligting opgevolg en met Riversdal-polisie in kontak gekom waarna die seun weer aan sy ma in Riversdal terugbesor­g is.

 ?? Foto: Cornelle Carstens ?? Hierdie buurtwagle­de Chantall Joseph, Lynette Solomons en Michael Carelse het onverpoosd saam met polisieled­e insluitend sers Johnathan Jansen na ‘n kleuter gesoek die afgelope naweek.
Foto: Cornelle Carstens Hierdie buurtwagle­de Chantall Joseph, Lynette Solomons en Michael Carelse het onverpoosd saam met polisieled­e insluitend sers Johnathan Jansen na ‘n kleuter gesoek die afgelope naweek.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa