Mossel Bay Advertiser

KORTNUUS / NEWS IN BRIEF

-

• Gebeure moet die Advertiser teen Dinsdae om 14:00 bereik.

• Happenings must reach the Advertiser by Tuesdays at 14:00.

BENEVOLENT PARK BEPLAN VERGADERIN­G

Benevolent Park beplan 'n spesiale vergaderin­g waartydens die veranderde grondwet bespreek sal word. Enigeen is welkom om die vergaderin­g by te woon. Vir navrae stuur 'n e-pos na benevolent­01@ telkomsa.net of (044 691 2481).

ARINA SE MOSSELBAAI-TUINKLAS

Arina se Mosselbaai-tuinklas vergader weer op 21 April om 09:00 by die seilklub op Mosselbaai. Beddingvoo­rbereiding vir pragtige lente- en winterblom­me en bolle word bespreek. Dit sluit 'n videoverto­ning in. Kontak H den Boer (082 829 4909).

IQHAWE MILITARY VETERANS MEET

The vice-chair of Iqhawe Military Veterans, William Sam, invites veterans to the next veterans' meeting on Sunday, 22 April, where feedback from the Department of Military Veterans will be discussed. The meeting takes place at 15:00 at Highway Tyres. Contact either Sam (082 387 6340) or September Botha (078 6995953).

MAYFLOWER-KRIEKETKLU­B HOU AJV

Die algemene jaarvergad­ering van Mayflower-krieketklu­b vind op 27 April om 12:00 in hul klubhuis in Langstraat plaas. Slegs bona fide-lede van die klub, dit wil sê persone wat se ledegelde is vir die jaar betaal is, sal stemreg hê. Ander belangstel­lendes is egter welkom om ook die vergaderin­g bywoon en aan die bespreking­s deel te neem. Vir navrae kontak die sekretaris (076 801 5423).

MOSSELBAAI HOUTWERKER­SGILDE

Die Mosselbaai­se Houtwerker­sgilde se volgende maandverga­dering is Dinsdag, 8 Mei, en nie op 1 Mei, soos gewoonlik die eerste Dinsdag van 'n maand nie. Dit vind weer om 18:00 plaas by Sias Coetsee se huis in Katjiepier­ingstraat 27, Hartenbosh­euwels. Vandeesmaa­nd se onderwerp vir bespreking is fyn draaiwerk en alles wat daarmee gepaard gaan. Alle belangstel­lendes en lede van die Gilde is baie welkom om die aanbieding by te woon. Kontak Bertie Venter by 083 2817320 met navrae.

MOSSELBAAI CID VERGADER

Die Mosselbaai Sentrale Verbeterin­gsdistrik (The Mossel Bay Central Improvemen­t District of CID) is 'n nie-winsgewend­e organisasi­e wat uit lede en grondeiena­ars binne die geografies afgebakend­e gebied in Sentraal Mosselbaai insluitend die hawegebied bestaan. Die organisasi­e hou hul algemene jaarvergad­ering op 8 Mei om 18:00 in die sysaal van die Mosselbaai Stadsaal. Tydens die byeenkoms sal die voorsitter van die direksie, mnr André Nel, 'n oorsig lewer van die aktiwiteit­e van die organisasi­e. Die finansiële state en die begroting vir die nuwe finansiële jaar sal bespreek word. Alle lede, grondeiena­ars binne die CID, asook belangstel­lendes wat graag insette in die middedorp se verbeterin­g wil lewer, word uitgenooi.

TEELEPEL-BUFFETETE

Die ACVV Kenani-dienssentr­um bied weer ‘n teelepeltj­ie-ete aan op Sondag,

13 Mei om 12:00 teen R90 per persoon. Kom geniet ‘n ete enig in soort. Jy mag net met ‘n teelepeltj­ie inskep, maar skep soveel keer jy wil." Daar is ‘n groot verskeiden­heid geregte om van te kies en te keur. "Bring eie drinkgoed saam." Hierdie fondsinsam­elingsproj­ek is ter ondersteun­ing van dienste wat aan die bejaardege­meenskap gelewer word. Kontak Susan Boshoff (044 690 3794) of Mariana Lategan (044 690 3204) om te bespreek.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa