Mossel Bay Advertiser

Wees iemand se held

-

Annemie de Graaff en Franciska Olivier, albei in graad 10 by Hoërskool Punt, het ‘n projek geïnisieer by die skool genaamd WISH (Wees Iemand Se Held).

Die projek behels onder andere die insameling van kruidenier­sware vir minderbevo­orregte leerders in die skool en hulle gesinne.

Die leerders sê: “Ons is oorweldig deur die vrygewighe­id van Hoërskool Punt se leerders en ouers en kon reeds baie gesinne daardeur help. WISH bedank elkeen wat sover ‘n bydrae gemaak het. Ons waardeer dit opreg.” Die meeste van die kruidenier­sware wat ontvang is, is reeds uitgedeel aan minderbevo­orregte leerders in die skool en hul gesinne. Enige oorblywend­e kruidenier­sware gaan versprei word in die gemeenskap.

Die geld wat ingesamel is, word gebruik om die kruidenier­sware aan te vul.

Ouers en leerders wat aangedui het dat hulle maandeliks­e of kwartaalli­kse bydraes wil maak, kan dit in die kratte voor me Van Staden se kantoor kom plaas of die geld by haar inbetaal. Merk asseblief alle bydraes duidelik met die betrokke leerder se naam en klas.

 ??  ?? Annemie de Graaff en Franciska Olivier by me Van Staden (die skool se gemeenskap­sdienskoör­dineerder) met van die kruidenier­sware wat reeds ontvang is.
Annemie de Graaff en Franciska Olivier by me Van Staden (die skool se gemeenskap­sdienskoör­dineerder) met van die kruidenier­sware wat reeds ontvang is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa