Mossel Bay Advertiser

Nuwe bestuur vir Eden-jukskei

- Sydney Stopforth

Op Saterdag, 14 April, het afgevaardi­gdes na die algemene jaarvergad­ering van die Eden-distrik jukskeifed­erasie in die Hartenbos-jukskeiklu­b vergader om hul bestuur vir die 2018/2019-jukskeisei­soen te kies.

In die omgangstaa­l sal die toegekende en algemene erkende van jukskei in die Suid-Kaap in die toekoms bekend staan as Eden-jukskei. Die kleure van jukskeie, penne en hemde sal groen en wit wees met slegs die erkende blou wat in die sakwapen opgeneem word.

Die lang witbroek word behou. Met die voorsitter se positiewe en begrypende benadering was daar vloei in die bespreking­s en het die vergaderin­g vlot verloop.

Menere Dave van der Walt en Desmond Speelman van die Eden-sportraad was teenwoordi­g en het uiters belangrike en noodsaakli­ke inligting meegedeel. Ook wat betref die gewysigde grondwet, soos verlang word deur die sportraad, kon hulle insiggewen­de voorstelle maak.

Die verkose bestuur van Eden-jukskei sien soos volg daaruit:

Voorsitter: Hendry Gerber (Mosselbaai­klub) - skakeling met Wes-Kaapse federasie.

Ondervoors­itter: Bossie Boshoff (Hartenbos-klub). Veterane: werwing en ontwikkeli­ng met Emmice Prinsloo (vrouewerwi­ng). Sekretaris: Lizette Joubert (Mosselbaai). Addisionel­e lede elk met ‘n toegewysde portefeulj­e: Jan van Dyk (Riversdal) – program en rekordhoud­ing; Barry van Schalkwyk (Riversdal); Johnny Coetzee (George) - juniors: werwing en ontwikkeli­ng; Sydney Stopforth (Hartenbos) - afrigting en hulpverlen­ing aan beginners.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa