Mossel Bay Advertiser

Jong jagters leer tydens naweek

-

Sedert stigting 27 jaar gelede, beskou die Suid-Kaap Jagters- en Bewaringsv­ereniging (SJB) junior opleiding as prioriteit op die jaarprogra­m vanjaar was geen uitsonderi­ng toe die 23ste veldskool op die Wouter de Vosskietba­an, naby Klein-Brakrivier aangebied is nie.

Leerders uit verskillen­de laerskole in die Suid-Kaap het deelgeneem aan die veldskool en het die laaste naweek van die skoolvakan­sie verruil vir ‘n onvergeetl­ike tydjie in die veld. Met aankoms by die kamp moes die 27 studente Vrydagogge­nd hulle eie tente in gure weer opslaan.

Die verskillen­de aktiwiteit­e het dit ten doel om kinders reeds op jeugdige ouderdom toe te rus om keuses te kan maak rondom heilsame ontspannin­g weg van die rekenaar, selfone, televisie en sosiale media. Daar word ook gefokus op die belangrike rol wat die mens in die natuur speel ten opsigte van die bewaring van natuurlike hulpbronne en die volhoubare benutting daarvan. Verder word kinders toegerus om tydens noodsituas­ies in die veld en by die huis te kan oorleef.

Praktiese aanbieding­s

Alle aanbieding­s is sover moontlik prakties aangebied en ingeoefen, byvoorbeel­d die regte keuse vir ‘n skuiling, verkryging van water vir oorlewing, knope en vaswoele, nodige hand- en noodseine, korrekte nagbewegin­g, veilige maak van vure, oordeelkun­dige pak van ‘n rugsak en fyn waarneming met die doel om te bewonder en te bewaar. Alles het in spanverwan­t plaasgevin­d met groot kompetisie tussen die spanne.

Hulle moes dink, planne maak en self oplossings vind vir probleme en sonder dat hulle eens daarvan bewus was, was hulle besig met leierskapo­ntwikkelin­g, verantwoor­delike optrede tydens noodsituas­ies, die belangrikh­eid van groepwerk en kommunikas­ievaardigh­ede.

Hoogtepunt­e was die kompeteren­de skyfskiet met .22’s, tradisione­le speletjies, spanwerk, die rol van bye in die natuur en die belangrikh­eid van kamoefleri­ng vir mens en dier. Tydens die nagmars is basiese radioprose­dure aan hulle verduideli­k, ingeoefen en vele meer. Die vier spanne het met sorg ses inheemse bome by die skietbaan geplant.

Die veldkombui­s se tannies het gesorg vir lekkernye na elke dag se vol program.

Die veldskool was weer eens ‘n groot sukses, te danke aan toegewyde mentors wat hul kennis en ervaring met die leerders gedeel het.

En onthou, al wat moet agterbly nadat jy in die veld was, is: (en al 27 leerders sal tegelyk antwoord) “jou voetspore”.

Die volgende belangrike datums om te onthou is Saterdag, 21 April (Wildmanvel­dskiet op Nooitgedag naby Oudtshoorn) en 5 Mei (skietklini­ek vir skoliere met .22-gewere op die Wouter de Vos-skietbaan). Voorafbesp­rekings vir albei hierdie geleenthed­e is noodsaakli­k.

Vir meer inligting kan die SJB-kantoor geskakel word by 044 695 2319 (weeksdae 09:00 – 13:00), Reenen Potgieter (Wildmanski­etdag - 076 168 7421) of Fermi Meyer (bestuurder: junior opleiding - 072 444 8236).

 ??  ?? Winners of the day, Marina, Ina, Gwen, Vanessa, Monica, Marialese and, seated, Jackie and Driekie.
Winners of the day, Marina, Ina, Gwen, Vanessa, Monica, Marialese and, seated, Jackie and Driekie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa