Mossel Bay Advertiser

Ligaspan slaggereed vir Saterdag se kragmeting

- Gholfer

Die eerste skote in die Suid-Kaap-liga klap op Saterdag, 21 April. Ons Mosselbaai 2-span reis na Oubaai waar hulle teen Pinnacle Point sal kragte

meet. Die volgende spelers is aangewys om hulle staal te gaan toon. Pierre Meyer (kaptein), André Middel, Roelof Engelbrech­t, Roelof Combrinck, Werner Bekker, Michael Parker, Jacques Budricks en Ernie Olivier. Hoë verwagting­e heers aangesien dit ‘n ervare en beslis ‘n baie gedugte span is.

Woensdag het 154 spelers in koel, winderige omstandigh­ede mekaar die stryd aangesê in die beterbal syferplusk­ompetisie. Die oggendveld het minder wind ervaar en die wenners het dan ook vroeg hulle kleim afgesteek. Gary Rule (arend op nommer 11) en Thys Greyvenste­in het van meet af die pas aangegee en na die uittel was hulle die wenners op +13.

Tielman Breedt wat deesdae meer gereeld by die klub gesig wys, het saam met sy besoeker maat, Johan Erasmus, as naaswenner­s uit die stryd getree.

Die gedugte man-en-vrou-kombinasie van Francois en Hannelie de Villiers het op +12 seker gemaak die derde plek behoort aan hulle. Die vierde en vyfde plekke het onderskeid­elik aan Michal Rehr en Riaan Schenck (+10) en Ferdie Jonck en Anton Izaakse (snr) (+9) gegaan.

Saterdag

Die heerlike herfsweer het Saterdag, 14 April verseker dat 148 spelers aan die gewilde vierbal alliansie-kompetisie deelgeneem het. Spanwerk was van deurslagge­wende belang en hier het die vierbal van Pat Good, Dave Steward, Wayne Mitchell en Nick Weideman hulle goed van hulle taak gekwyt. Hulle gesamentli­ke poging het aan hulle 95 punte besorg en dit het verseker dat hulle die louere inoes. Stewige weerstand is deur A Middel, R Engelbrech­t, D van Zyl en W Schoeman (94 punte) gebied. Die derde plek op 94 punte het aan vier veterane naamlik H Klopper, E Engels, L de Jager en C Vorster op 93 punte gegaan. Die spelers wat vir die derdebeen van die Kampioene van Kampioene gekwalifis­eer het, het Saterdag geleenthei­d om vir die finaal te kwalifisee­r. Die name is op die kennisgewi­ngbord so maak asseblief seker dat jy aan Saterdag se individuel­e stableford kompetisie deelneem. Op Dinsdag, 1 Mei vind ons jaarlikse Sanlam Kankerdag plaas. Dit is ‘n verdienste­like saak so maak vroegtydig seker van jou inskrywing. Heerlike gholf en kameraadsk­ap word u toegewens vir die volgende week.

Die spelers wat vir die derdebeen van die Kampioene van Kampioene gekwalifis­eer het, het Saterdag geleenthei­d om vir die finaal te kwalifisee­r.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa