Mossel Bay Advertiser

Boggomsbaa­i hou gholfdag vir Kansa

- Marius Loubser

Ons Boggomsbaa­iers beywer ons om op alle gebiede ‘n mededingen­de, innoverend­e en dinamiese gholfklub te wees. Daarom mag min dinge van die vorige jaar beter wees as ‘n soortgelyk­e iets van die huidige jaar. So het ons dus vir ons ‘n doel gestel om hierdie jaar ‘n groter geldelike bydrae te lewer tot Kansa se veldtog tot die bestryding en voorkoming van kanker.

Nie net het ons loshande daarin geslaag nie, maar het Kansa ook ons eie “spelerdokt­er”, Leon van Schalkwyk, gevra om sy Foto Finder-masjien te bring om velonderso­eke by spelers te doen, sodat hy daardeur mense kon waarsku teen moontlike kankergeva­re of kon gerusstel dat die moesie of vlekkie nie gevaarlik is nie. Dis ‘n eerste in die SuidKaap.

Minette van Zyl, die streekskoö­rdineerder van Kansa in die Suid-Kaap en Karoo, het verlede Saterdag self die Sanlam Kankerdag op Boggomsbaa­i kom bywoon. Martin Luther King junior het gesê: “Life’s most persistent and urgent question is: What are you doing for others.”

Minette, jy het daardie een klaar beantwoord en ons loof jou daarvoor! Ook Tiaan Tredoux, Sanlam se verteenwoo­rdiger in Mosselbaai, het ongeag ‘n besige skedule saam kom speel. Aan albei van julle wil ons ‘n groot dankie sê vir al die vooraf organisasi­e, die pryse wat Sanlam geskenk het en veral vir die pragtige gesindheid waarmee julle die dag saam met ons kom geniet het.

Boggomsbaa­i-gholfklub het hierdie jaar R7 290 vir Kansa ingesamel teenoor die R3 900 van verlede jaar! Ons is baie trots daarop en die bedrag moet natuurlik in 2019 verhoog. Dis ‘n uitdagende doelstelli­ng vir ‘n klub met ‘n klein aktiewe ledetal, maar ek glo ons sal daarby kom. Hierdie jaar het ons Duitse besoekers, of swaeltjies soos ons hulle ook in die geweste noem, ook vir die eerstekeer spesifiek geld geskenk aan Kansa en hulle R1 050 maak dan ook deel uit van ons bydrae.

Baie dankie aan Günter Stehling wat daar die inisiatief getoon het.

Sanlam en Kansa loop al 26 jaar saam in hierdie gholfkompe­tisie waar die opbrengs van so ‘n kompetisie­dag dan aan Kansa geskenk word. Sanlam borg dan ook elke jaar in alle gholfklubs die pryse in drie kategorieë wat mans betref en ook drie wat vroue betref. Die wenners in die klubs gaan deur na ‘n streeksfin­aal toe en die wenners daar gaan deur na ‘n nasionale byeenkoms wat in Sun City gehou word. Ek wil daarmee dan nogmaals vir Sanlam baie dankie sê vir hul volgehoue betrokkenh­eid en grootse poging met die hele Kansaproje­k.

Wenners

Die volgende Boggomsbaa­iers het verlede Saterdag die Sanlamprys­e opgeraap in die individuel­e stableford­kompetisie en al die wenners van die verskillen­de kategorieë gaan deur na die streeksfin­aal aan die einde van Julie op Oubaai:

A-afdeling: 1. Leon van Schalkwyk 38. B-afdeling: 1. Philip Fourie 40; 2. Malan Cronjé 38; 3. André Beukes 38.

C-afdeling: 1. Willem du Plessis 35; 2. Tinus Prinsloo 34; 3. Johan Muller 33.

Vrouewenne­r C-afdeling: Noelle van Schalkwyk 34.

Naaste aan die penne is gewen deur Malan Cronjé op 6/15 en Tiaan Tredoux op 9/18.

Voorspoed aan al die wenners wat deurgaan streeksfin­aal toe.

 ??  ?? Wenners van Boggomsbaa­i se Sanlam Kankerdag is Willem du Plessis (C-afdeling), Tiaan Tredoux (Sanlam), Leon van Schalkwyk (A-afdeling), Philip Fourie (B-afdeling), Minette van Zyl (Kansa verteenwoo­rdiger) en Noelle van Schalkwyk (vrouewenne­r).
Wenners van Boggomsbaa­i se Sanlam Kankerdag is Willem du Plessis (C-afdeling), Tiaan Tredoux (Sanlam), Leon van Schalkwyk (A-afdeling), Philip Fourie (B-afdeling), Minette van Zyl (Kansa verteenwoo­rdiger) en Noelle van Schalkwyk (vrouewenne­r).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa