Mossel Bay Advertiser

Onoorwonne Heidelberg skok gedugte Crusaders

- André Stander

Heidelberg het Saterdagmi­ddag op hul tuisveld weer vir ‘n groot skok in die SWD Premierlig­a-rugbykompe­tisie gesorg toe hulle die gedugte Crusaders van George met 'n volpunte oorwinning van 27-23 geklop het.

Heidelberg, die nuwelinge in die kompetisie, het reeds met Barbarians en Silver Stars afgereken en is onoorwonne die seisoen.

Die wenspan is na drie wedstryde in vierde posisie op die puntetabel met 13 punte.

Crusaders, met hul oud-Arende-stutte, Dean Hopp en Layle Delo en Freginald Africa (agtsteman) aan die spits, het in die eerste helfte baie druk op die tuisspan geplaas in die skrums. Rustyd was die besoekers met 13-5 voor.

Heidelberg het in die tweede helfte die bal wyd gespeel en drie pragdrieë gedruk. Voorlangs het hul bulslotte, Lyndin Hartnick en Simon du Toit, en stutte Royden Hendricks (kaptein) en Marsellino Manhoe die vonk verskaf.

Vir die wenspan is Chris Michaels (haker), Liebenberg, Andries Manho (buitesente­r) en Du Toit oor vir drieë. Swartbooi slaag met twee doelskoppe en ‘n strafdoel.

Barbarians

Barbarians het vir Maori’s op die Heidedal-sportterre­in met 34-18 getroef. Jerome Fillies (regtervleu­el,

2), Shario Rosenkrant­z (buitesente­r), Luwayne Fortuin (slot), José Petersen (plaasverva­nger-vleuel) het vir die wenspan gaan druk. Wahlon Anthony (heelagter) slaag met drie doelskoppe en Morné Buis (skrumskake­l) klits ‘n strafdoel oor.

Vir Maori’s het Llewellyn Khani (loskopstut), en Marlon Frans (skrumskake­l) gaan druk. Marshall Frans (losskakel) slaag met ‘n doelskop en twee strafdoele.

Groot-Brakrivier

Groot-Brakrivier het op sy tuisveld vir Bridgton met 30-21 geklop. Vir die wenspan is Ezra Matroos (buitesente­r,

2) en Marquin Smart (slot) oor vir drieë. Roshwin Abrahams (heelagter) slaag met drie doelskoppe en drie strafdoele.

Elgernon Waarts (slot) en Enzo Erasmus (plaasverva­nger-stut, 2) het vir Bridgton gaan druk. Anver Venter (buitesente­r) slaag met drie doelskoppe.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa