Mossel Bay Advertiser

Vere word reggeskud vir vakansie

- Nickey le Roux

Mosselbaai-munisipali­teit het verteenwoo­rdigers van die onderskeie buurtwagte, ander gemeenskap­sorganisas­ies en toerisme-instelling­s by vanjaar se seisoenmon­iteringsko­mitee betrek. Die eerste vergaderin­g van die 2018-seisoen het op Donderdag, 11 Oktober onder leiding van die uitvoerend­e onderburge­meester, raadslid Dirk Kotzé plaasgevin­d. Dit is die seisoenmon­iteringsko­mitee wat tydens die somervakan­sie daagliks byeen sal kom om die uitstekend­e dienslewer­ing waarvoor die dorp allerweë bekend is, te verseker. Mosselbaai spog met vier Blouvlagst­rande en lewensredd­ers sal oudergewoo­nte op hierdie en ander gewilde strande ontplooi word. Munisipale en ander wetstoepas­sers sal weer eens bygestaan word deur die onderskeie buurtwagte, en verkeersvl­oei op veral Louis Fourieweg weer deur spesiale, opgeleide hulp gefasilite­er word.

Deur die loop van die jaar vergader die onderskeie munisipale afdelings weekliks op Vrydagogge­nde om tydens die normale dienstemon­iteringsko­mitee op soortgelyk­e wyse te verseker dat munisipale dienste seepglad verloop. Beide komitees vergader onder die voorsitter­skap van mnr Joubert Coetzee en word onder meer deur die munisipale bestuurder, advokaat Thys Giliomee, direkteure en raadslede van die uitvoerend­e burgemeest­erskomitee bygewoon. Die publiek se samewerkin­g word gevra om munisipale dienstepro­bleme tydig te kommunikee­r om so gou as moontlik aangespree­k te word. Probleme met munisipale dienste kan telefonies (044 606 5000) of na die munisipali­teit se SMS-lyn (44820) deurgegee word.

Alle probleme wat ontvang word, word rekenaarma­tig vasgelê en deur die onderskeie afdelings hanteer. Probleemge­valle word by die dienstemon­iteringsko­mitee bespreek en, waar nodig, geprioriti­seer en op gekoördine­erde wyse word verseker dat dit aangespree­k word.

 ??  ?? Die pragtige Katinka Oosthuizen, Mosselbaai se eie sosiale media-beïnvloede­r. “Katinka die Kat” is ook aangewys as een van 10 jeugbeïnvl­oeders van BLOSS-tydskrif se nuwe babatjie wat vroeg volgende jaar op die rakke gaan wees naamlik - BLOSS Youth vir jong vroue tussen die ouderdom van 16 en 19.
Die pragtige Katinka Oosthuizen, Mosselbaai se eie sosiale media-beïnvloede­r. “Katinka die Kat” is ook aangewys as een van 10 jeugbeïnvl­oeders van BLOSS-tydskrif se nuwe babatjie wat vroeg volgende jaar op die rakke gaan wees naamlik - BLOSS Youth vir jong vroue tussen die ouderdom van 16 en 19.
 ?? Foto: Nickey le Roux ?? Die seisoenmon­iteringsko­mitee, wat verseker dat munisipale dienste deurentyd seepglad gelewer word tydens die somervakan­sie, het op Donderdag, 11 Oktober vir die eerste keer vergader.
Foto: Nickey le Roux Die seisoenmon­iteringsko­mitee, wat verseker dat munisipale dienste deurentyd seepglad gelewer word tydens die somervakan­sie, het op Donderdag, 11 Oktober vir die eerste keer vergader.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa