Mossel Bay Advertiser

Departemen­t praat oor skole en Covid-19

- Louise Karsten

Sedert die uitbreek van die koronaviru­s het skole op Mosselbaai ook onder die effek van die virus deurgeloop.

Erika Primêre Skool en Indwe Sekondêre Skool is die mees onlangse skole waar 'n leerder positief getoets het vir Covid-19. 'n Beroep is via sosiale media op ouers gedoen om by die skool bymekaar te kom en te eis dat die hele skool gesluit moet word. Maar, volgens die beleid van die Wes-Kaapse Onderwysde­partement (WKOD), moet skole nie noodwendig sluit wanneer 'n leerder of onderwyser positief toets nie.

Afbaken

Woordvoerd­er vir die WKOD, Bronagh Hammond het bevestig dat slegs 'n gedeelte van Erika Primêre Skool afgebaken is om ontsmet te word terwyl Indwe vir 'n dag gesluit was.

Met die pandemie wat nog sy piek nader en al meer leerders wat teruggaan skool toe, is dit te wagte dat nóg skole op Mosselbaai in die nabye toekoms waarskynli­k dieselfde prosedure sal moet volg.

Protokol

Volgens Hammond moet 'n volledige protokol gevolg word indien 'n positiewe Covid-19-geval by 'n skool bevestig word. Sy beklemtoon egter dat 'n bevestigde geval nie noodwendig vereis dat die skool moet sluit nie. "In elke geval sal sekere faktore in ag geneem word in die besluit wat geneem word." Eerstens moet die areas waar die personeell­id of leerder fisies teenwoordi­g was, ontsmet word. Hammond sê wanneer 'n personeell­id byvoorbeel­d slegs in twee klaskamers was, die res van die skool steeds kan voortgaan en slegs daardie vertrekke word dan ontsmet. "Maar wanneer die persoon in ander klaskamers op die terrein was, sal meer gedeeltes van die skool afgebaken moet word."

Tweedens is die datum waarop die personeell­id of leerder by die skool teenwoordi­g was van belang. "Die departemen­t van gesondheid het vir ons gesê dat die virus nie vir langer as 72 uur op 'n oppervlakt­e kan oorleef nie. Indien 'n personeell­id vir byvoorbeel­d 'n week nie by die skool was nie, is dit nie nodig om die area te ontsmet nie."

Kontakte

Hammond sê die getal van direkte kontakte waarmee die persoon wat positief getoets is, in kontak mee was, moet ook in ag geneem word. "Ons moet duidelik onderskei tussen die teenwoordi­gheid van 'n nabye kontak en ander kontakte. Direkte kontak behels wanneer jy fisies naby aan 'n persoon was. Dit is belangrik om direkte kontak te vermy. Slegs mense wat in direkte nabye kontak met iemand was wat positief getoets het moet vir 14 dae isoleer.

Hammond sê mense wat in dieselfde vertrek was as die persoon wat positief toets, word nie as 'n direkte kontak beskou nie. "Hierdie mense hoef nie te isoleer nie, maar hulle moet hulself dophou vir simptome van Covid-19.

"Indien slegs 'n klein getal personeell­ede by 'n skool moet isoleer, is dit nie nodig vir die hele skool om te sluit nie. Slegs wanneer 'n groot getal personeell­ede moet isoleer, sal dit 'n impak op die onderwys by die skool hê. Sou dit gebeur moet toestemmin­g van die departemen­t van onderwys verkry word om 'n skool te sluit."

 ??  ??
 ??  ?? Ouers van leerders by die Erika Primêre Skool is met ‘n inskrywing op sosiale media aangemoedi­g om te eis dat die skool moet sluit nadat ‘n leerder positief getoets het vir Covid-19. Die departemen­t van onderwys veroordeel hierdie optrede omdat daar reeds ‘n spesifieke protokol in plek gesit is.
Ouers van leerders by die Erika Primêre Skool is met ‘n inskrywing op sosiale media aangemoedi­g om te eis dat die skool moet sluit nadat ‘n leerder positief getoets het vir Covid-19. Die departemen­t van onderwys veroordeel hierdie optrede omdat daar reeds ‘n spesifieke protokol in plek gesit is.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa