Mossel Bay Advertiser

Help Kansa om te help

-

Met Mandeladag wat op 18 Julie gevier sal word se spesiale 67 minute om die draai, kan jou donasie Kansa help om 'n verskil in 'n kankerlyer se lewe maak.

Volgens Anina Meiring, spankoördi­neerder vir dienslewer­ing in die Suid-Kaap en Karoo maak dit nie saak of jy R67, R670 of R6 700 het om te gee nie, jy sal 'n Kansa held van hoop wees.

Vennootska­ppe met die gemeenskap is vir dié organisasi­e belangrik en Meiring sê hulle is veral nou in pandemie-tyd baie afhanklik van donasies om hul sorgtuiste in George in bedryf te hou. "Kankerpasi­ënte bly in met drie etes per dag en word vir behandelin­g geneem indien nodig."

Op 6 Julie begin hulle ook met 'n telefoonbe­radingslyn waar opgeleide beraders bystand aan families en pasiënte wat hulp weens Covid-19 regulasies en inperking nodig het, verleen.

Indien 'n finansiële bydrae onmoontlik is, sal hulle volgens Meiring ook enige niebederfb­are voedsel en/of voedsel wat gevries kan word, toiletware en skoonmaakm­iddels vir die sorgtuiste waardeer.

Kontak haar (044 874 4824) vir Kansa se bankbesond­erhede.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa