Mossel Bay Advertiser

Siggestrem­de en hond deel van landwye veldtog

- Cornelle Carstens

Covid-19 het meer as net SuidAfrika­ners se persoonlik­e vryheid gedurende die afgelope paar maande ingeperk. Talle diensorgan­isasies is ook daardeur gekniehalt­er aangesien hulle fondsinsam­elingspogi­ngs in die wiele gery is. Baie moes vinnig 'n haas uit die hoed haal om met alternatie­we idees vorendag te kom.

So ook die Suid-Afrikaanse Gidshondve­reniging. Amanda Bester, 'n siggestrem­de vrou van Mosselbaai, vertel dat die vereniging se openbare skakelwerk­span heelparty vindingryk­e planne uitgedink en geïmplemen­teer het. Bester en haar gidshond, Reo het aan een van hierdie inisiatiew­e deelgeneem.

"Gedurende vlak 4 van die grendeltyd­perk, is ons uitgedaag om 100 000 treë te stap en om dan ons aktiwiteit­e op sosiale media te deel." Amanda verduideli­k dat die uitdaging behels het dat gidshondei­enaars hulle familie en vriende ook kon betrek. Haar familie, vertel sy, het haar poging goed ondersteun.

"Ons het vroeg soggens in Hartenbos gaan stap binne die toegelate oefentyd, maar van die ander deelnemers het later gedurende die dag sommer op hulle trapmeul tuis gestap. Ons het 'n week gehad om die afstand te voltooi."

Volgens Bester het die vereniging met dié landswye poging meer as R200 000 ingesamel.

 ??  ?? Amanda Bester en haar gidshond, Reo.
Amanda Bester en haar gidshond, Reo.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa