Mossel Bay Advertiser

Verdagte vas na gewapende roof

- Louise Karsten

Die polisie op Groot-Brakrivier het verskeie leidrade opgevolg nadat vier gewapende mans die plaaslike poskantoor op Woensdag, 3 Junie beroof het. Gevolglik is daar die afgelope week ‘n verdagte in verband met die voorval in hegtenis geneem.

Die 35-jarige man is op Dinsdag, 30 Junie in KwaNonqaba op Mosselbaai vasgetrek. Die verdagte is tans in aanhouding by die Groot-Brakrivier-polisiesta­sie.

Die inhegtenis­name volg op ‘n dramatiese rooftog waartydens vier mans ook die sekuriteit­sbeampte van Fidelity Guards wat daagliks by die poskantoor werk, van sy vuurwapen beroof het.

Werknemers van die poskantoor wat die voorval aanskou het en met vuurwapens gedreig is, moes vir etlike beradingse­ssies gaan. Dit is steeds nie bekend presies hoeveel geld gesteel is nie. Die verdagtes het te voet gevlug met die geld wat in die kluis was. Die polisie volg steeds leidrade op en verwag om binnekort nog verdagtes in hegtenis te neem.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa