Mossel Bay Advertiser

Identiteit van oorledene bekend

- Jannie du Plessis

Die naam van die voetganger wat tydens 'n vragmotoro­ngeluk op Woensdag, 24 Junie op die Robinsonpa­s doodgery is, is intussen bekend gemaak.

Hendrik Claase (46), inwoner van Ruiterbos, is deur die vragmotor raakgery en die bestuurder van die vragmotor het daarna sowat 250m verder die pas af, beheer oor die vragmotor verloor. Gevolglik het die vragmotor op 'n skerp draai omgeslaan.

Volgens kaptein Wollie Fourie, kommunikas­iebeampte van die Da Gamaskop-polisiesta­sie, is 'n saak van strafbare manslag teen die bestuurder van die vragmotor, Raymond Chiwangira (39) gemaak. Chiwangira was vir drie en 'n half uur in die vragmotor vasgepen en nooddienst­e het sy bene later bevry. Hy is na die provinsial­e hospitaal in Mosselbaai geneem waar hy vir 'n beenbreuk behandel is. Sy passasier, Frank Munemo, is net na die ongeluk deur paramedies­e personeel op die toneel behandel en na die hospitaal geneem. Hy is dieselfde dag weer ontslaan.

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Familieled­e van Raymond Shiwangira (39), die bestuurder van die vragmotor, kyk hier toe terwyl nooddiensp­ersoneel hom uit die wrak van die vragmotor haal.
Foto: Jannie du Plessis Familieled­e van Raymond Shiwangira (39), die bestuurder van die vragmotor, kyk hier toe terwyl nooddiensp­ersoneel hom uit die wrak van die vragmotor haal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa