Mossel Bay Advertiser

Honde op Groot Brak vergiftig

-

Minstens twee honde is die afgelope tyd op Groot-Brakrivier vergiftig. Volgens die Groot-Brakrivier-buurtwag is twee honde in Mossieness­traat vergiftig.

Die buurtwag het 'n beroep op inwoners gedoen om op die uitkyk te wees vir verdagte persone, veral saans wanneer honde blaf. "Daar is slegte elemente wat saans in ons strate loop en honde is vergiftig."

Inwoners het ook op die buurtwag se

WhatsApp-groep opgemerk dat honde op die Sandhoogte­pad en Standerstr­aat "aggressief" blaf. Die buurtwag het inwoners gemaan om nie saans buite hul wonings te gaan om inspeksie in te stel wanneer honde blaf nie, maar, om deur 'n venster te kyk of hul enigiets verdags opmerk en om dan die polisie te kontak.

Die Groot-Brakrivier-polisiekan­toor se nommer is 044 620 8300/8305.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa