Mossel Bay Advertiser

SAPD NUUS IN KORT

-

'n Verdagte het in die hof op Riversdal ná 'n voorval van roof verskyn. Volgens kst Venia Daries, kommunikas­iebeampte van die plaaslike polisie, is Jacobus Francis op Vrydagmidd­ag, 26 Junie om 17:15 naby die stasie aangeval en beroof. "Hy het gaan geld trek en op sy terugtog is hy van agter gegryp en deur iemand gewurg. Toe hy die verdagte vra waarom hy sy geld vat, is hy met die dood gedreig en die persoon het weggehardl­oop." Die verdagte het Maandag, 29 Junie in die landdrosho­f verskyn.

Daries maan inwoners weer eens om donker omgewings so ver moontlik te vermy. Deure en vensters moet gesluit word voor jy jou woning verlaat en geen waardevoll­e items moet rondlê nie.

Stilbaai-polisie het met 'n kriminele ondersoek na openbare geweld, sowel as opsetlike beskadigin­g van eiendom begin, na 'n voorval in Melkhoutfo­ntein. Volgens ao Morné D'Emiljo het twee groepe mense op Sondag, 28 Junie ongeveer 12:00 met mekaar slaags geraak. Die ondersoeke duur voort.

Die klaer en verdagtes in 'n saak van poging tot moord sal op 10 Julie in Stilbaaila­nddroshof verskyn. Dié saak spruit uit 'n voorval op 23 Mei toe die verdagtes na bewering die klaer opsetlik in 'n woonbuurt op die dorp met 'n voertuig raakgery het.

'n 25-Jarige man van Slangrivie­r is in hegtenis geneem na hy na bewering Donderdagn­ag, 25 Junie by die plaaslike primêre skool ingebreek het. Dit is glo die sesde keer die jaar dat inbrake by die skool gepleeg is. Die verdagte het Dinsdag, 30 Junie in die hof op aanklag van inbraak en diefstal verskyn. - Clive Pretorius

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa