Mossel Bay Advertiser

Roman’s Pizza - nóú afgelewer voor jou deur

-

Struikelbl­okke skep unieke geleenthed­e. Hiervan is Roman’s Pizza ‘n klinkklare voorbeeld, wat nou danksy ‘n wêreldwye gesondheid­skrisis, aflewering­s doen. In vlak 4 van die nasionale inperking vanweë Covid-19, het Roman’s anders as ooit tevore, met ‘n aflewering­sdiens begin. Nou, in vlak 3, terwyl hulle soos normaal mag sake doen, dring hulle tevrede kliënte daarop aan, dat die aflewering­sdiens beslis moet voortgaan.

Danksy hierdie nuwe diens is ‘n plaaslike huisvrou, Tanja Janse van Rensburg, in staat om ‘n inkomste te verdien. “Gedurende naweke is dit só besig, dat ek hulp moet inkry wat dus ook aan ander ‘n inkomste bied.”

Roman’s Pizza se eienaar, Hannes van Broekhuize­n verduideli­k dat hulle produk wat bekostigba­arheid betref, kwalik geklop kan word. “Neem byvoorbeel­d ons spesiale aanbod. Vanaf Maandag tot Vrydag, tussen 10:00 en 15:00 kan kliënte enige twee groot pizzas vir R129.90 bestel. Voeg die huidige aflewering­skoste van R40 by en jy betaal slegs R85 per pizza afgelewer by jou huis! Dis ‘n ware winskoop.”

Tanja geniet haar nuwe bedryf terdeë. “Kliënte is altyd bly om ‘n mens te sien. Ek het al ‘n klomp regulars. Veral die kinders is so opgewonde om my te sien wanneer ek ‘n stomende warm pizza aflewer.”

Hannes bedank alle kliënte vir hulle getroue ondersteun­ing, ook gedurende die grendeltyd. Vir Tanja is een van die hoogtepunt­e van haar nuwe werk om voortduren­d nuwe mense te ontmoet. “Ek wil ook baie dankie sê aan almal wat gereeld ‘n footjie betaal,” sê sy knipoog.

Maak gerus geriefshal­we van Roman’s Pizza se nuwe aflewering­sdiens gebruik. Kry waarde vir geld en lewer sodoende ‘n bydrae tot ‘n gesonde ekonomie waarin nuwe moontlikhe­de die deurslag sal gee.

Skakel Roman’s Pizza by 044 695 4332 of bestel aanlyn by www.romanspizz­a. co.za nou vir aflewering­s van Danabaai tot Tergniet.

 ??  ?? Roman’s Pizza bied nou ‘n aflewering­sdiens danksy Tanja Janse van Rensburg.
Roman’s Pizza bied nou ‘n aflewering­sdiens danksy Tanja Janse van Rensburg.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa