Mossel Bay Advertiser

Totsiens aan pont

-

Die ou pont wat vir soveel jare 'n landmerk op Malgas was, gaan sonder twyfel plek vir 'n moderne, gemotorise­erde weergawe maak.

Die ou vaartuig is Woensdag, 24 Junie uit die rivier gehaal en eenkant neergesit. Heelwat inwoners het hul hartseer oor die veranderin­g op sosiale media uitgespree­k, omdat die pont vir baie mense aangename herinnerin­ge inhou.

Suid-Kaap Forum het verlede jaar oor 'n petisie wat deur die burgemeest­er, Nicholas Myburgh, begin is om die vervanging te keer, berig. Volgens Myburgh is verlede week se verwikkeli­ng 'n verrassing vir hulle. "Tydens my vergaderin­g gedurende Oktober 2019 met die provinsial­e minister van vervoer is belowe dat niks sal gebeur voor 'n oplossing by wyse van openbare deelname gevind is nie. Dis bevestig tydens die minister se ter plaatse inspeksie op 25 Februarie hierdie jaar. Intussen is alle ondernemin­gs en beloofde prosesse oorboord gegooi. Die ou pont is summier verwyder en uit diens gestel."

Myburgh sê meer as 21 000 mense het die petisie onderteken, maar dit tel skynbaar niks vir die departemen­t nie. "Daarvan het net dadels gekom, ten spyte van al die beloftes."

In sy kommentaar het Jandré Bakker, hoof van kommunikas­ie by die Wes-Kaapse departemen­t van vervoer gesê die SuidAfrika­anse maritieme veiligheid­sowerheid het die ou pont onveilig verklaar en daarom is dit verwyder. Hy het benadruk dat geen besluit oor die toekoms van die ou vaartuig nog geneem is nie: "Alle riglyne van die Suid-Afrikaanse agentskap vir erfenisbro­nne sal gevolg word, maar veiligheid was die hoofoorweg­ing. Die ou vaartuig het die einde van sy dienslewe bereik."

Bakker sê voorts die nuwe pont sal eers in werking gestel word wanneer inperking vryer beweging van mense toelaat. Die nuwe toevoeging is dubbel die grootte van die oue en landboutoe­rusting en konstruksi­evoertuie sal ook daarmee oor die rivier vervoer kan word.

 ?? Foto: Swellendam-toerisme ?? Werkers besig om die ou pont te verwyder.
Foto: Swellendam-toerisme Werkers besig om die ou pont te verwyder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa