Mossel Bay Advertiser

Dit is nou ons beurt

- Wilma Adamson

Eienaars van haarkapper­s op Stilbaai is in die wolke omdat hulle weer Maandag, 29 Junie hul deure kon oopmaak vir kliënte.

Suid-Kaap Forum het by 'n paar salonne gaan inloer. By elkeen was alles in plek. Spuitbotte­ls met reinigings­middel was by die deure, kliënte se temperatuu­r word gemeet voor hul mag ingaan en 'n besoekersl­ys word voltooi. Ook binne die salonne kon mens behoorlik van die vloer af eet. Die stoele is die nodige afstand van mekaar en sanitering­sbottels was by elke spieëltafe­l geplaas.

Susan Busch het gesê dat die inperking vir haar baie traumaties was, omdat sy vir meer as drie maande geen inkomste gehad het nie. Daar is baie reëls en regulasies wat gevolg moet word en baie onkostes moes aangegaan word om alles in plek te kry.

"Ek moes selfs van my voorraad vooruit betaal voor ek dit kon ontvang." Ten spyte daarvan het sy nog nie haar pryse verhoog nie. "Ons probeer maar mekaar help soos ons kan. Ek wil my kliënte spesiaal laat voel, maar hoop dat hulle ook empatie met ons sal hê."

Jacqui Geldenhuys het saamgestem dat dit finansieel 'n groot terugslag vir hulle was. "Maar ons is dankbaar dat ons weer kan werk en 'n inkomste kan hê," het sy met duidelike verligting gesê. Omdat meeste van hul kliënte ouer as 60 is, volg hulle die streng protokol tot op die letter en doen dit sommer dubbel vir ekstra veiligheid. Hoewel daar drie plekke by die wasbakke is, het hulle die middelste stoel toegemaak om die voorgeskre­we afstand te handhaaf. Elke kliënt word ook slegs deur een haarkapper gediens, waar dit in die verlede deur twee of drie kon wees, veral wanneer dit haarkleur of -tint is.

Riëtte van der Walt het gesê dat hulle beslis die protokol noukeurig uitvoer. "Higiëne was nog altyd vir ons baie belangrik en nou nog meer as ooit tevore. Ons hou die salon so skoon en kiemvry as moontlik. Alles is in plek en ek is bly om terug te kan wees." Barbara Grobler het genoem dat die streng protokol al vanself kom en dat dit deel is van die nuwe normaal. "Ek het gedink mens gaan vergeet om iets te doen, soos om dalk 'n kliënt se temperatuu­r te neem of elke keer jou hande te ontsmet, maar dit raak deel van mens se bestaan."

Die kliënte wat by die salonne was tydens die koerant se besoek, was dit almal eens dat hulle glad nie bedreig voel nie omdat hulle weet haarkapper­s is baie bewus van higiëne.

 ?? Foto: Wilma Adamson ?? Veiligheid is van die hoogste prioriteit­e by haarsalonn­e.
Foto: Wilma Adamson Veiligheid is van die hoogste prioriteit­e by haarsalonn­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa