Mossel Bay Advertiser

’n Suksesvoll­e jaar vir Stilbaai Sakekamer

-

Stilbaai Sakekamer het 'n jaar vol opwinding en 'n paar eerstes agter die rug, aldus voorsitter Rachel Wall.

Die sakekamer se jaarvergad­ering is onlangs per e-pos afgehandel, omdat inperkings­regulasies fisiese vergaderin­gs verbied het. Wall reken die hoogtepunt was ongetwyfel­d om as die AHi Wes-Kaap se sakekamer van die jaar aangewys te word. Ander sake waarmee die bestuur ingenome is, is 'n lidmaatska­pgroei van 22% en meer belangstel­ling in hul byeenkomst­e.

Nuwe aktiwiteit­e wat die eerste keer plaasgevin­d het, is onder meer 'n finansiële werkswinke­l wat aangebied is, die vestiging van 'n sakebiblio­teek en die bedinging van 'n spesiale aanbod vir digitale mediadiens­te aan lede.

Wall sê hulle het ook in die afgelope jaar 'n sigbare teenwoordi­gheid in verskeie forums soos die 2020-2021 geïntegree­rde ontwikkeli­ngsplan hersiening­sproses gehandhaaf en gereelde vergaderin­gs is met Hessequa-munisipali­teit gehou.

Die bestuur vir die 2020-2021 termyn is Rachel Wall (voorsitter), Tertius Haak (ondervoors­itter), Johan Kok (tesourier), Heléne Strauss (sekretaris), Maarten Roode, Willie Delport, Johan Kriel, Francois Smit en René Haarhoff.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa