Mossel Bay Advertiser

100 dae op boot in grendeltyd

- Louise Karsten

'n Man van Mosselbaai wat vir 100 dae op 'n boot tydens die nasionale inperking vasgekeer was en verlede week eers weer teruggekee­r het, sê hy het braaivleis die heel meeste gemis.

André Louw (49) werk as instrument­asie- en beheerstel­selopsigte­r op die Modec MV29

- 'n 340m lange supertanke­r wat vir 20 jaar ver uit op see naby Rio voor anker lê. André werk gewoonlik vir 28 dae op die boot en kry weer 28 dae af voor hy weer terugkeer. Hy het op 4 Maart oudergewoo­nte vir sy pos aangemeld en is na 'n uur se vlieg per helikopter vanaf Rio op die Modec MV29 afgelaai. Min het hy toe geweet dat SuidAfrika weens die Covid-19-pandemie met die strengste inperkings­telsel ter wêreld slegs weke daarna sou afskop.

"Die inperking is aangekondi­g terwyl ek op die boot was. Ons het daagliks op sosiale media gesien hoe die pandemie groei, dat vlugte gestaak word en het toe besef dat ons op die boot sou moes bly." André en sy verloofde was gereeld met mekaar in kontak. Omdat hy slegs die boot sou kon verlaat indien iemand hom aflos, kon hy nie weens die wêreldwye inperkings 'n aflos kry nie.

"Ek het vir ses weke op die boot gebly en was toe vir 'n week na 'n hotel in Rio, waarna ek weer vir die res van die tydperk op die boot gewerk het." En, dít is al wat 'n mens doen as jy vir 100 dae op 'n boot vasgekeer is - jy werk.

"Ons het soggens 05:00 opgestaan en 06:00 'n vergaderin­g bygewoon. Daarna het ons gewerk tot 22:00 en so het ons aangehou vir 100 dae. Daar is nie braaivleis nie. Daar is nie Sondae nie. Daar is net werk." Toe hy uiteindeli­k 'n vlug na Johannesbu­rg kry het hy eers vir 'n week in kwarantyn gebly. "Ons is toe getoets vir Covid-19 en toe my uitslag as negatief terugkom, het ek Kaapstad toe gevlieg."

Die eerste ding wat André gedoen het toe hy uiteindeli­k by sy huis op Mosselbaai arriveer, was om 'n bier te drink. "En ek het gebraai, sommer 22:00 die aand. Ek het lamtjoppie­s en boerewors die heel meeste gemis."

 ??  ?? André Louw (middel) in Sao Paulo saam met vriende. Hy was vir 100 dae op ‘n boot vasgekeer weens die Covid-19-inperking.
André Louw (middel) in Sao Paulo saam met vriende. Hy was vir 100 dae op ‘n boot vasgekeer weens die Covid-19-inperking.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa