Mossel Bay Advertiser

Koerantleg­ende tree af

- Liezl van Niekerk

Na 45 jaar het 'n lewende legende van Group Editors, Frank Abrahams, bekend as Pan, besluit om die koerantwêr­eld te groet.

"25 Junie was amptelik my laaste werksdag, 28 Junie was ek amptelik nie meer 'n werknemer van Group Editors nie en vanaf 29 Junie, dan is ek 'werkloos'," skerts hy.

Pan, 'n gebore Oudtshoorn­iet, is die persoon met die langste werksverbi­nding met dié dinamiese mediagroep. Hy is op 18-jarige ouderdom en vars uit die skoolbanke, by Oudtshoorn Courant aangestel. Tien jaar later is dié koerant aan Group Editors verkoop en Pan het as bladuitleg­kunstenaar in die Georgehoof­kantoor se setkamer gaan werk.

Hy vertel met trots hoe hy destyds saam met sy oudkollega, Jan Hoon, met die warm lood gewerk het en hoe hulle hulself moes leer werk op die rekenaars met nuwe uitlegprog­ramme. "Meneer Hoon het vir my gesê ons sal die eerstes wees wat hulle gaan wegjaag, want ons kan nie tik nie. En kyk, nou is dit 45 jaar later," vertel hy.

Hy vind dit moeilik om 'n hoogtepunt uit te sonder, want, sê Pan, sy 45 jaar by Group Editors is 'n grootse ervaring wat hy nooit sal vergeet nie.

"Die beginjare van die company is definitief iets wat my sal bybly. Ons het regtig swaarkry met lekkerkry klaargekry. Ons het ook die geleenthei­d gekry om ons volle potensiaal te ontwikkel. Ek het onder begin, deur die ranks beweeg en tree af as afdelingsh­oof."

Pan sê hy kan nie wag om sy aftrede saam met Andrienne, sy vrou van 36 jaar, te begin nie.

"My hele lewe lank moes goed dadelik gebeur en was dit deadlines wat ons almal gedryf het. Ek het ook vir meeste van my werksjare in George, weg van my vrou en kinders gewoon. Ek sien uit daarna om my lewe dag vir dag in plaas van deadline tot deadline te leef en om meer tyd saam met my familie te spandeer."

Pan sê hy wil ook meer reis. "Ek wil my tas en my vrou vat en ek wil plekke gaan soek waar ons nog nooit was nie. Daar waar dit vir ons donker word, daar gaan ons slaap."

Hy groet met die volgende lirieke van A Perfect Day geskryf deur die Amerikaans­e sangeres Carrie Jacobs-Bond in 1909: "When you come to the end of a perfect day, And you sit alone with your thought, While the chimes ring out with a carol gay For the joy that the day has brought,

Do you think what the end of a perfect day Can mean to a tired heart,

When the sun goes down with a flaming ray, And the dear friends have to part?

Well, ... this ... is the end ... of a perfect day, Near the end of a journey, too;

But it leaves a thought that is big and strong, With a wish that is kind and true.

For mem'ry has painted this perfect day With colors that never fade,

And we find at the end of a perfect day The soul of a friend we've made."

Pan het as gevolg van die inperking die afgelope twee maande weer vanuit die Oudtshoorn Courant se kantore gewerk en vir hom kon sy loopbaan nie op 'n beter plek afsluit nie. Die oorspronkl­ike kantoor van dié koerant was waar Checkers vandag is.

"Ek sluit my werksloopb­aan af 150m vanwaar ek 45 en 'n half jaar gelede begin het. Covid-19 het ons almal onkant betrap in die sin dat ons as kollegas mekaar vir maande nie kon sien of saam verkeer nie. Laat die memories wat ons oor die jare opgebou het, ons altyd bybly. Ek glo van harte dat beter dae op pad is. Aan die einde van my werksloopb­aan gee ek alle eer aan die Here wat my elke dag beskerm en gelei het."

 ?? Foto: Myron Rabinowitz ?? Frank Abrahams by die linomasjie­n waarop hy destyds die setwerk van die koerant gedoen het.
Foto: Myron Rabinowitz Frank Abrahams by die linomasjie­n waarop hy destyds die setwerk van die koerant gedoen het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa