Mossel Bay Advertiser

Iets spesiaals teen Julie se koue

-

Stilbaai se tradisie van Christmas in July laat hom nie deur 'n virus keer nie.

Hoewel dinge vanjaar anders gedoen word weens die pandemie, sê Annerise Wolmarans, toeristebe­ampte dié goedvoel-projek genereer broodnodig­e inkomste. "Stilbaai-toerismebu­ro is totaal van ledegeld, donasies en besoekers afhanklik om ons deure oop te hou.

Ons beoog om 'n ekstra inkomste te genereer, maar ook om aan Stilbaai en omgewing na die rowwe Covid-19-tyd iets terug te gee."

Die gewilde straatmark moes noodgedwon­ge afgestel word, maar Kersvader en sy vriende sal beslis steeds hul verskyning maak.

Wolmarans sê hulle sal vanaand, Vrydagaand, 3 Julie, help om hoender schwarmas wat vooraf by die toerismebu­ro bestel kan word, by jou huis af te lewer. Die jong klomp sal ook nie afgeskeep word nie, reken sy.

Sy het ook die versekerin­g gegee dat kosvoorber­eiding en aflewering met nakoming van alle voorsorgma­atreëls teen verspreidi­ng van die virus gedoen sal word.

Bestelling­s kan by 082 384 3889 geplaas word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa