Mossel Bay Advertiser

Paddavlei toe

-

Die gewilde Paddavlei-koffiewink­el en kunsstudio op Riversdal was 'n gunsteling kuierplek vir menige inwoner. Sedert einde Maart staan die deure egter toe, want eienaar Marilise Lombard het besluit dat nuwe horisonne vir haar wink. Sy sê dit was vir haar heerlik om dié besigheid te bedryf. "Dit was 'n droom wat ek uitgeleef het."

Haar liefde vir skilder het haar egter laat besluit om haar voltyds daarop toe te spits. Sy voel hartseer omdat die studio in sy huidige vorm moes toemaak, maar voel tog dit was die regte besluit. "Ek gaan met Paddavlei Kuns Kidz aan. Kyk uit vir Bella en Pepe se avonture" sê sy opgewonde.

 ??  ?? Paddavlei-koffiewink­el was ‘n bekende gesig op Riversdal.
Paddavlei-koffiewink­el was ‘n bekende gesig op Riversdal.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa