Mossel Bay Advertiser

Stasie 15 spog met nuwe baadjie

- Jannie du Plessis

Die South African Inshore Search and Rescue Service (SAISRS), deesdae bekend as die Nasionale Seeredding­sinstituut (NSRI), het sedert die sestigerja­re hoë risiko areas geïdentifi­seer wat betrekking het op seeredding­swerk. Die Mosselbaai­area was een van die brandpunte nadat 17 bemannings­lede van drie vistreiler­s in 1966 naby Stilbaai verdrink het.

In 1969 het die Mosselbaai-munisipali­teit saam met verskeie rolspelers fondse bymekaarge­maak en so is Mosselbaai se NSRI Stasie 15 op 21 Mei 1971 geopen. Die NSRI is 'n liefdadigh­eidsorgani­sasie en word deur vrywillige­rs uit die gemeenskap beman. Die geboue behoort aan die organisasi­e en sedert die gebou in die hawegebied van Mosselbaai in gebruik geneem is, is verskeie veranderin­gs aangebring, Die gebou is reg langs die water en gereelde instandhou­ding word gedoen. Volgens André Fraser, stasiebeve­lvoerder is besluit dat die geboue 'n nuwe baadjie benodig. Plaaslike kontrakteu­r, Kosie Gericke en sy span het die afgelope tyd die geboue uitgeverf. Dit is ‘n voorloper vir die 50ste bestaansja­ar van die stasie in Mosselbaai wat op 21 Mei 2021 gevier gaan word.

Die stasie is toegerus met 'n Klas 1, Rescuer 15, 'n 10m reddingsva­artuig,

St Blaize rescuer 'n 5.5m reddingsbo­ot en Rescuer 15 Bravo, 'n 4.2m reddingsbo­ot. Die stasie het tans 45 vrywillige­rs van verskeie beroepe in die samelewing. Die stasie se bekwame reddingswe­rkers is 24h per dag beskikbaar. Hulle hoofdoelwi­t is om verdrinkin­gs te voorkom deur opvoeding, voorkomend­e maatreëls en deur reddingspo­gings ter see. Volgens Gericke was die nuwe baadjie 'n uitdaging aangesien die vogtige klimaat en sout baie uitdagings wat betref die verfwerk gebied het.

 ?? Foto’s: Jannie du Plessis ?? André Fraser (heel regs), NSRI Stasie 15 Mosselbaai se bevelvoerd­er en links van hom staan Johan Crew (NSRI) saam met Kosie Gericke en sy span werkers hier voor die motorhuisd­eur wat deur plaaslike kunstenaar, Liani Swanepoel, geverf is. REGS: Die vlagskip van NSRI-stasie 15, Klas 1 Rescuer 15, die 10m lange reddingsva­artuig staan hier in die nuut geverfde gebou.
Foto’s: Jannie du Plessis André Fraser (heel regs), NSRI Stasie 15 Mosselbaai se bevelvoerd­er en links van hom staan Johan Crew (NSRI) saam met Kosie Gericke en sy span werkers hier voor die motorhuisd­eur wat deur plaaslike kunstenaar, Liani Swanepoel, geverf is. REGS: Die vlagskip van NSRI-stasie 15, Klas 1 Rescuer 15, die 10m lange reddingsva­artuig staan hier in die nuut geverfde gebou.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa