Mossel Bay Advertiser

Sosiale media herenig familie

- Jannie du Plessis

As jong meisie wat op die eens klein Vrystaatse dorpie, Welkom grootgewor­d het, het haar liefde vir diere daar begin en het dié passie haar beroep geword.

Gerda Reynders, koördineer­der van die Dierebeske­rmingsvere­niging (DBV) se Mosselbaai-tak, stap al 'n lang pad saam met die DBV. Sy het in Welkom eers as ontvangsda­me gewerk en daarna, nadat sy gekwalifis­eer het, as jong inspekteur.

Sy verhuis na George en werk die afgelope sewe jaar as inspekteur by die Mosselbaai-tak. In Januarie vanjaar neem sy die leisels as takkoördin­eerder oor. "Ek wil graag die tak opbou om een van die beste DBV-takke te word," vertel Reynders. "Ons het baie uitdagings soos die dragtige teefhond wat ons aan 'n boom opgehang gevind het. Ongelukkig het ons nie die skuldige gevang nie."

Volgens Reynders gaan dit finansieël altyd moeilik, veral tydens die Covid-19pandemie. "Die gemeenskap se hande is altyd oop wat kos betref, maar lopende uitgawes soos salarisse, instandhou­ding, water en ligte, voertuigon­derhoud en brandstof bly 'n groot uitdaging," sê sy.

"Ons het ook op BackaBuddy gaan registreer vir 'n sterilisas­ieveldtog sodat die publiek kan geld skenk deur op ons Facebook-blad die skakels te volg. DBV Mosselbaai het ook 'n permanente veearts en assistent aan diens en gaan hulle die bestaande kliniek eersdaags vergroot."

Die DBV is die enigste dierewelsy­nsorganisa­sie in Suid-Afrika wat deur wetgewing gereguleer word (DBV Wet 163 van 1993). Die inspekteur­s is ook by magte om diere ingevolge die Dierebeske­rmingswet 71 van 1962, asook die Wet 24 van 1935 (Beskerming van Gedresseer­de Diere Wet), te konfiskeer en kriminele klagtes teen oortreders aanhandig te maak.

'n Vrou wat in die vroeë 1980s uit Mosselbaai agter werk aan getrek het is danksy 'n onlangse plasing op sosiale media met haar familie herenig.

Maria Marks het op Sondag, 5 Julie haar 82ste verjaarsda­g in Stellenbos­ch gevier waar die Korras-egpaar haar onder hulle vlerk geneem het.

Marlene Korras vertel dat sy Maria in die negentiger­jare op 'n plaas op Stellenbos­ch ontmoet het waar hulle albei werksaam was. Sy het toe glo gesê dat sy van Mosselbaai afkomstig is, maar dat sy kontak met haar mense verloor het. "Maria het basies my drie seuns help grootmaak." Marlene sê dat Maria altyd vertel het dat sy destyds uit Mosselbaai verhuis het saam met 'n blanke gesin by wie sy werksaam was. Volgens Marlene het hulle onderneem om haar "eendag met die bus" terug te stuur Mosselbaai toe, maar dit het glo nooit gebeur nie.

Nadat die twee vroue se paaie aanvanklik geskei het, het Maria later met Mina Korras, Marlene se skoonma bevriend geraak. Dié twee boesemvrie­ndinne het later 'n woning gedeel. Mina is in 2013 oorlede, waarna Marlene en haar man, Jafta Maria sedert 2014 by hulle in Ida's Valley huisves.

Maria het vanweë 'n besering haar sig verloor, maar sê Marlene, sy was nog nooit vir hulle moeite gewees nie. "Sy doen nog alles self en is glad nie 'n sieklike mens nie."

Sosiale media

Marlene het soos Maria van haar verlede vertel het, notas gemaak van die name en plekke wat sy genoem het. "Sy het die laaste tyd dikwels as sy so sit, hartseer geraak en gesê sy wonder so oor haar ma en haar kinders. Dan noem sy hulle name en sê sy verlang so."

'n Familielid van die Korras-gesin, Dawid Coetzee ook van Ida's Valley, het op 2 Julie 'n plasing op die Facebookbl­ad, Mosselbaai op sy BESTE gedoen met die inligting wat Marlene neergeskry­f asook 'n foto van Maria. "Dawid het altyd gesê ek moet dié goed vir hom gee en hy is mos nou slim met die internet. "Binne 'n japtrap was daar reaksie en is Maria se familie opgespoor.

'n Susterskin­d van Maria, ao Tata Marks verbonde aan die polisie se eenheid vir gesinsgewe­ld, kindermish­andeling en seksuele misdrywe op Mosselbaai, gaan haar eersdaags in Stellenbos­ch haal. Sy ma, Annie is diep geraak deur die eerste nuus van haar verlore suster na soveel jare. "My ouma Dina is op 99 oorlede. Sy het gesterf met die groot begeerte om weer haar dogter, Maria te kon sien. Sy het al die jare vas geglo dat tant Maria nog lewe, terwyl nie een van ons geweet het of dit wel so is nie. Sy was toe al die tyd reg."

Marlene Korras sê dat hulle baie swaar van Maria gaan afskeid neem. "Sy is so deel van ons familie."

 ??  ??
 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Hierdie kinders bring gereeld hulle diere vir ondersoeke en kos na die DBV op Mosselbaai.
Foto: Jannie du Plessis Hierdie kinders bring gereeld hulle diere vir ondersoeke en kos na die DBV op Mosselbaai.
 ??  ??
 ??  ?? Gerda Reynders, takkoördin­eerder van die Mosselbaai DBV.
Gerda Reynders, takkoördin­eerder van die Mosselbaai DBV.
 ??  ?? Maria Marks saam met Marlene Korras (links) by wie sy reeds jarelank tuisgaan. Na ongeveer 40 jaar het Maria weer kontak met haar familie op Mosselbaai gemaak.
Maria Marks saam met Marlene Korras (links) by wie sy reeds jarelank tuisgaan. Na ongeveer 40 jaar het Maria weer kontak met haar familie op Mosselbaai gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa