Mossel Bay Advertiser

Bambi blom op Bergsig

- Louise Karsten

By die dam op Bergsig, 'n wildplaas buite Mosselbaai, sal jy soms net die oortjies van 'n seekoei sien uitsteek. Maar, Bambi, die seekoei wat deur haar trop in 'n reservaat in Kaapstad uitgeskop is, kry nou nét onvoorwaar­delike aanvaardin­g by Bergsig se Kobus en Lizelle Crous.

Dit is egter Fatman, haar seekoei-maat wat die meeste uit dié nuwe verhouding put en die dae om saam met Bambi in die water baljaar. Bergsig soek reeds 'n geruime tyd vir Fatman 'n maat. Aangesien Bambi se trop haar nie weer sou inlaat nie, het die Kaapstad-metroraad die besluit goedgekeur dat Bergsig haar nuwe tuiste mag wees. Sy het onlangs by die Crous-familie aangesluit.

Lizelle sê dit is beslis liefde met die eerste oogopslag omdat Fatman en Bambi nog glad nie baklei het nie. "Ons was bekommerd dat hulle dalk nie oor die weg sal kom nie, maar hulle is die hele tyd saam."

 ??  ?? Bambi
Bambi
 ??  ?? Fatman
Fatman

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa