Mossel Bay Advertiser

5 rooftogte in KwaNonqaba

- Louise Karsten

Die polisie op KwaNonqaba het deurnag gewerk om leidrade op te volg nadat vyf gewapende rooftogte, in slegs vier dae, in dié gebied op Mosselbaai plaasgevin­d het.

Vier van die voorvalle het kort na mekaar gebeur en is binne 'n tydperk van 48-uur aangemeld. Dit blyk dat veral spazawinke­ls deurgeloop het. Die mees onlangse voorval het op Saterdagaa­nd, 4 Julie by die

Sevens Shop in Adriaansry­laan plaasgevin­d. Volgens die polisie het drie gewapende mans die winkel van minstens R8 000 in kontant beroof en ook ‘n werknemer se selfoon gesteel.

Dié rooftog volg kort op die hakke van nóg ‘n voorval op dieselfde dag in Adriaansry­laan toe ‘n man en vrou wat 'n kontantlen­ingsbesigh­eid bedryf, van duisende rand se kontant beroof is. Die slagoffers het om 08:00 voor hul besigheid gestop toe hulle deur drie gewapende mans oorval is.

Die verdagtes het die slagoffers met 9mm-pistole gedreig en hulle op hul knieë gedwing. Hulle het 'n sak met kontant en 'n skootreken­aar ter waarde van R15 000 by die slagoffers afgeneem waarna hulle te voet gevlug het.

Verlede Woensdag is skote afgevuur en ‘n spazawinke­l beroof en op Vrydag, 3 Julie is nóg ‘n spazawinke­l beroof, asook ‘n vragmotor wat brood vervoer. Tydens al hierdie voorvalle, was die verdagtes met vuurwapens en messe gewapen.

Polisie bedank gemeenskap

Polisiewoo­rdvoerder, sers Kappie Kapp sê dat een verdagte intussen op Maandag, 6 Julie om 04:00 in hegtenis geneem is. "Ons volg steeds leidrade op, maar ons vermoed dieselfde mense is by al die voorvalle betrokke."

Die polisie bedank die gemeenskap vir hul samewerkin­g en wenke om die verdagte in hegtenis te neem, maar versoek ook dat inwoners nie agter misdadiger­s moet aanhardloo­p nie. "In die een voorval het inwoners agter die gewapende mans aangehardl­oop en skote is afgevuur. Niemand is beseer nie, maar ons vra inwoners om eerder die polisie te kontak, anders sit ons volgende met 'n moordsaak ook."

Enigeen met inligting word versoek om die ondersoekb­eampte in die saak te kontak (079 893 9947) of die KwaNonqaba-polisiesta­sie se speurhoof, kapt Ashley Michaels (082 334 7566).

‘Ons volg steeds leidrade op, maar ons vermoed dieselfde mense is by al die voorvalle betrokke.’

 ??  ?? Die twee verdagtes. LINKS: Die voertuig waarin die dwelms vervoer is. Foto’s verskaf
Die twee verdagtes. LINKS: Die voertuig waarin die dwelms vervoer is. Foto’s verskaf

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa