Mossel Bay Advertiser

Gastehuise staan voor ’n kruispad

-

Oop deure beteken nie noodwendig ekonomiese herstel nie. Dít is die dilemma waarvoor gastehuise­ienaars te staan gekom het sedert die bedryf toegelaat is om te heropen onder vlak 3 van die Covid-19inperkin­gsregulasi­es.

Cecile Kleynhans van 'n hotel op Heidelberg sê dis baie stil. "Toeriste is nog te bang om te reis. Die kamers staan ongebruik en ons werk maar hard in die restaurant." Sy het boerekos as wegneemete­s op Sondae begin aanbied om meer besigheid te genereer. Sy sê al die troues en reünies waarvoor gaste by hulle bespreek het, is gekanselle­er. Die hotel se normale piektyd in Septemberm­aande gaan ook nie gebeur nie, reken sy. "Ek glo nie die bedryf sal optel voor die einde van die jaar nie."

Fanie le Roux van 'n gastehuis op Riversdal sê ook hy moet tans teen 'n verlies werk. "Hier is 17 kamers, waarvan net twee die afgelope week beset was. Intussen het ek personeel wat al jare by my is en ek kan hulle nie sonder 'n salaris los nie. Ek moet ook steeds my munisipale rekening betaal, wat net so hoog is soos in besige tye."

'n Paar ondernemin­gs in Albertinia was volgens Marietjie Coetzee gelukkig genoeg om essensiële werkers wat optiese kabels lê, te kon huisves, maar die onsekerhei­d knaag steeds. "Mens weet net glad nie wat om vorentoe te verwag nie. Wanneer dié groep mense se werk klaar is, gaan dit doodstil wees en Albertinia is 'n baie klein plekkie. Die bedryf kry swaar." Die bestuurder van 'n gastehuis op Jongensfon­tein, Marlene Addinall sê dit sal geensins vir hulle lonend wees om oop te maak nie. "Meeste van ons besoekers is oorsese besigheids­mense en hulle kan nog nie vlugte hierheen kry nie. Al ons bespreking­s tot en met November het gekanselle­er.

“Ons bly egter positief, want dit sal weer beter gaan."

'n Gastehuis op Witsand het 'n klompie gaste gehad sedert hulle op Woensdag, 1 Julie weer oopgemaak het, maar eienaar Owen Jarman reken dis nog net 'n druppel in die emmer. "Ons is swaar deur April se totale verlies aan inkomste getref. Dis nou boonop winter. Dit gaan lank vat om te herstel en ons kan net hoop die reisbeperk­ings ten minste tussen provinsies word binnekort meer verslap."

Helena Malan van Gouritsmon­d sê haar somme het gewys die kool is nie die sous werd as sy haar besigheid nou heropen nie. "In die eerste plek moet die hele gebou, matte, linne en al van bo tot onder ontsmet word.

“As ek die prys daarvan by my prys per nag inreken, gaan niemand dit kan bekostig nie." Sy reken voorts toeriste gaan net Gouritsmon­d toe om op die strand en langs die viswaters uit te span. Met strande wat steeds toe is, is dit vir haar heeltemal onprakties om gastehuise en ander akkommodas­ie nou oop te maak.

 ?? Foto: Michelle Spies ?? Marietjie Coetzee.
Foto: Michelle Spies Marietjie Coetzee.
 ??  ?? Helen en Owen Jarman
Helen en Owen Jarman
 ??  ?? Cecile Kleynhans
Cecile Kleynhans

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa