Mossel Bay Advertiser

Ouma Lena se huis verwelkom die ysterperde

-

Om al die aktiwiteit­e van 'n organisasi­e soos Ouma Lena se huis in Melkhoutfo­ntein aan die gang te hou, is nie maklik nie. Wanneer sakke vol baba- en kinderkler­e asook kos afgelewer word en dit boonop op blink, brullende motorfiets­e, loop Jenny Olivier en haar span se bekers oor.

Ongeveer 20 motorfiets­ryers van so ver as Bredasdorp het Saterdagog­gend, 4 Julie die dorp tot groot vreugde van grootoog omstanders binnegedre­un, om dié welkome skenkings aan Ouma Lena se huis te oorhandig.

Die geleenthei­d was die inisiatief van die Christelik­e uitsaaista­sie, Gateway Radio, wat met die Hessequa bikers for kids-groep saamgespan het. Sally Nicholls van Gateway Radio sê hulle het onlangs eers van Ouma Lena se huis en die groot rol wat dit in die Melkhoutfo­nteingemee­nskap vervul, bewus geword. Hulle het toe begin kinderkler­e insamel. "Baie van die klere is deur vroue van Witsand en Heidelberg gebrei." Die grootste hoeveelhei­d breiware kom egter uit

Engeland. "Gateway-ondersteun­ers Mike en Elaine Cox van Albertinia het gesorg dat babaklere wat deur die craft tea ladies van die St Johns Anglikaans­e Kerk in Egham gebrei is, na Suid-Afrika gestuur word."

Nicholls het Corrie van der Westhuizen van Hessequa bikers for kids genader om in die aflewering te deel en die motorfiets­ryers het op hul beurt 'n hele klompie kos bygedra.

In haar bedanking het Olivier gesê die aktiwiteit­e wat in en deur Ouma Lena se huis aangebied word, bou 'n brug tussen gemeenskap­pe. Hulle werk nou saam met Badisa en talle vrywillige­rs gee hul tyd en talente om die kleutersko­ol, sopkombuis en meer te bedryf.

Haar entoesiasm­e vir toekomspla­nne was só aansteekli­k dat die motorfiets­ryers daar en dan begin planne maak het om met verdere projekte te help.

 ?? Foto: Deona Aucamp ?? Corrie van der Westhuizen, Sally Nicholls en Jenny Olivier tydens ‘n besoek aan Ouma Lena se huis in Melkhoutfo­ntein.
Foto: Deona Aucamp Corrie van der Westhuizen, Sally Nicholls en Jenny Olivier tydens ‘n besoek aan Ouma Lena se huis in Melkhoutfo­ntein.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa