Mossel Bay Advertiser

Kla by die regte plek

-

Wat kan iemand se motief wees om ‘n anonieme brief aan SuidKaap Forum te stuur om inligting by hulle te kry oor wat nou eintlik in DROOM se tehuise aangaan? '‘n Personeell­id van DROOM is positief getoets vir Covid-19 – wat gaan aan?'

Ek is jammer as ek verkeerd is, maar was die logiese handeling nie om by DROOM self uit te vind wat die ware toedrag van sake is nie? Die anonieme persoon se familieled­e is tog in DROOM se tehuise en nie iewers in die koerant se kantoor nie?

Personeel wat op dieselfde skof gewerk het as die persoon wat positief getoets het, is vir twee weke op self-isolasie geplaas en personeel wat met vakansie was, is teruggeroe­p om in daardie persone se plekke te werk. ‘n Opoffering wat hulle tot nou, met liefde doen.

Bekommerde anonieme persoon, het u al daaraan gedink wat sal gebeur as DROOM se verpleegpe­rsoneel, soos by ‘n tehuis op ‘n platteland­se dorpie in die Noord-Kaap, ook nie kans sien om hulself en hul gesinne langer in gevaar te stel nie en weier om te kom werk? Sal u kom help om die familieled­e oor wie u so bekommerd is, te versorg - onthou net dit sal, onder andere, beteken dat u ‘n volwasse persoon se doek sal moet ruil.

Op hierdie stadium is dit net Tehuis Ou Meule wat geraak word deur die positiewe Covid-19toetsuit­slag van ‘n personeell­id. Elke tehuis het hul eie personeel, met ander woorde personeel werk nie oor-en-weer by beide tehuise nie.

Genoeg van "anoniem" - die ongelukkig­e gebeurteni­s het ook ‘n ander kant. DROOM is oorweldig deur boodskappe van ondersteun­ing en dankbaarhe­id vir wat DROOM onder uiters ongewone en uitdagende omstandigh­ede vir inwoners van die tehuise doen. Van ons kant sê ons baie dankie vir die betrokkenh­eid en hulp van die Jordaans en Beyers, Hessequamu­nisipalite­it wat hul brandweere­n gesondheid­safdeling insluit en by name burgemeest­er Grant Riddles, departemen­t gesondheid, privaat- en staatsdokt­ers en die hele gemeenskap van Riversdal en omgewing.

Dankie aan elke verantwoor­delike verteenwoo­rdiger, kinders, familie en vriende van die inwoners vir u begrip en ondersteun­ing. Dankie vir elke gebed - hou asseblief aan om vir ons personeel en inwoners te bid, ons het dit steeds baie nodig alleen het ons nie ‘n kans teen die nare virus nie.

Ons wil veral dankie sê vir ons aardse engele, ons verpleegpe­rsoneel. Ons waardeer die opoffering­s wat julle maak. Eendag, ons weet nie wanneer nie, gaan julle aardse status verander na hemelse engele.

Dankie Suid-Kaap Forum dat julle die vorige week “anoniem” se brief onder ons aandag gebring het en dankie vir die geleenthei­d dat mnr Veldsman die ware toedrag van sake kon verduideli­k.

DROOMgroet­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa