Mossel Bay Advertiser

AfriForum skenk hulppakket­te

- Jannie du Plessis

Die AfriForum-tak in Mosselbaai het drie hulppakket­te aan skole in die omgewing versprei as deel van die #AfriForumS­taanSaam vir Skole-projek wat in samewerkin­g met AfriForum Jeug van stapel gestuur is.

Die skolehulpp­akkette bevat Covid19-inligtings­tukke, patrone vir gesigmaske­rs, klaskamerp­lakkate, elektronie­se termometer­s, handreinig­er en handreinig­erstaander­s. Die waarde van een pakket beloop R6 500. AfriForum het aan Laerskool Vorentoe, Laerskool Hartenbos en Plaasjapie­s-dag- en -nasorgsent­rum in Groot-Brakrivier pakette geskenk.

“Dit is werklik ’n voorreg om in ’n krisistyd soos hierdie uit te reik na ons skole en om ons bydrae te lewer om skole te ondersteun om seker te maak dat hulle voorbereid is om die 2020 akademiese jaar voort te sit. AfriForum het geweldig baie versoeke vir hulp van skole ontvang aangesien hulle onvoldoend­e hulp van die departemen­t van onderwys ontvang het,” sê Louis Cook, voorsitter van AfriForum se Mosselbaai-tak. “AfriForum se takke help gemeenskap­pe veral in hierdie moeilike tyd om aan te pas by regulasies en om struikelbl­okke te oorkom. Die Mosselbaai-tak se betrokkenh­eid by die gemeenskap en veral by skole, is verblydend,” sê Arno Greyling, AfriForum se distriksko­ördineerde­r vir die Suid-Kaap. AfriForum se Mosselbaai-tak moedig die gemeenskap aan om by dié inisiatief betrokke raak: SMS Mosselbaai na 45340 (R1) en word deel van die oplossing.

 ??  ?? Joy Cook (sekretares­se van AfriForum se Mosselbaai-tak), Schalk Theron (skoolhoof van Laerskool Vorentoe) en Louis Cook (voorsitter van AfriForum se Mosselbaai-tak).
Joy Cook (sekretares­se van AfriForum se Mosselbaai-tak), Schalk Theron (skoolhoof van Laerskool Vorentoe) en Louis Cook (voorsitter van AfriForum se Mosselbaai-tak).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa