Sun gone, lights on
People are driving in Mossel Bay in the morning before sunrise, in misty conditions, without their lights on.
We have had misty weather recently. People think that because they can see the other cars on the road, people can see them, but they are not visible without their headlamps on.
There is a saying: "Sun gone, lights on." People should heed this.
Die wetgewing bepaal dat ligte aangeskakel moet word vir die periode tussen sonsondergang en sonsopkoms.
Die bepaling daarvan is nie so eenvoudig soos dit vervat is in wetgewing nie en is die verkeersbeampte afhanklik van ‘n tabel wat tye van sonsondergang en sonsopkoms aantoon wat ook noodwendig sal verskil binne die vier seisoene.
Wetstoepassing word verrig ten opsigte van oortredings binne die bepalings van wetgewing, maar gewoonlik wanneer dit reeds donker is en enige redelike persoon dieselfde afleiding sal maak.
Die wetgewing bepaal ook verder dat daar ander tye is wanneer ligte aangeskakel moet word maar wanneer ander voertuie nie binne ‘n afstand van 150 meter sigbaar is nie. Hier raak dit baie tegnies want dit moet in ‘n hofgeding bewys kan word dat sig beperk was binne 150 meter en is dit verkieslik haalbaar dat die patrollie voertuig deel vorm van die verkeersvloei waarin die verkeersbeampte kan getuig wat die sigbaarheid was terwyl hy deel was van die verkeersvolume.
Die beampte sal eerder die motoris aanspreek om die voertuig se ligte aan te skakel as om noodwendig vervolging in te stel.
Dit word van ‘n verkeersbeampte vereis om motoriste aan te spreek waar sigbaarheid beperk is, ongeag of dit binne die 150 meter sigafstand is of nie, maar dat dit nie noodwendig aanleiding sal gee tot vervolging nie. Dit sal eerder ‘n geval wees om sigbaarheid te verhoog of te verbeter ten einde padveiligheid te bevorder.