Mossel Bay Advertiser

Walvis is suksesvol van strand verwyder

- Christo Vermaak

Die karkas van 'n spermwalvi­s wat vir weke langs die Jongensfon­tein-kus gedryf en later op die rotse beland het, is verwyder.

Hessequa-munisipali­teit het

Vrydag, 18 September omstreeks

08:30 met die verwyderin­g van die gestrande walviskark­as begin. ‘n Inligtings­essie onder leiding van

Craig Viljoen van die Incident Working Group Africa (IWGA) is gedoen voor die proses 'n aanvang geneem het.

IWGA is deur die munisipali­teit aangestel om die verwyderin­gsproses te koördineer en te bestuur, insluitend die rehabilita­sie van die terrein en toegangspa­d wat gebruik word.

DMO Blasting is aangestel vir die beheerde aftakeling van die karkas deur middel van plofstof en LHM-verspreide­rs vir die beheerde aftakeling deur middel van meganiese toerusting.

Nadat die karkas opgeblaas is, is die meganiese toerusting na die perseel verskuif en die karkas verwyder. Dit is op Melkhoutfo­ntein-stortingst­errein verwyder. “Die verwyderin­g is op so 'n manier gedoen dat dit geen bedreiging of gesondheid­srisiko vir die gemeenskap van Melkhoutfo­ntein inhou nie,” het Didi Budricks, kommunikas­iebeampte van die munisipali­teit gesê.

Volgens Budricks het die kontrakteu­r begin met die rehabilita­sie van die terrein. Die proses sluit in die aanplant van inheemse plantegroe­i op ‘n klein gedeelte waar die meganiese laaigraaf werksaam was.

“Vetterige oorblyfsel­s wat op die rotsagtige oewer lê sal natuurlik verminder. Die oorblyfsel­s strek verder as die Jongensfon­teinkarava­anpark,” het sy bygevoeg. Volgens Budricks sou dit reeds teen Woensdag, 23 September genormalis­eer het.

 ??  ?? Meganiese toerusting is gebruik om oorblyfsel­s van die walviskark­as te verwyder.
Meganiese toerusting is gebruik om oorblyfsel­s van die walviskark­as te verwyder.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa