Mossel Bay Advertiser

Groot toeloop van toeriste word op vlak 1 verwag

- Christo Vermaak

Hessequa-munisipali­teit is positief dat met die beweging na vlak 1 van inperking, toerisme binne die streek 'n drastiese toename sal toon.

Deon Lewis, bestuurder regsdienst­e en administra­sie by die munisipali­teit het Maandag, 21 September gesê met vlak 1 en internasio­nale vlugte wat weer vanaf Donderdag, 1 Oktober die land mag invlieg, verwag hulle dat wildplase, wynkelders en strande hoofsaakli­k meer aftrek sal geniet onder reisende oorsese besoekers.

"Die Tuinroete-streek, waarvan die Hessequa-omgewing deel vorm, is 'n gewilde bestemming vir reisigers vanaf Duitsland, Nederland en die Verenigde Koninkryk. Met die vooruitsig om hierdie reisigers weer te akkommodee­r, verwelkom Hessequato­erisme die aankondigi­ng dat internasio­nale grense stelselmat­ig geopen word," sê hy.

Volgens Lewis het bespreking­s en navrae vir akkommodas­ie by plaaslike karavaanpa­rke die afgelope twee weke skerp toegeneem. "Al Jongensfon­tein en Preekstoel se selfsorgee­nhede vir die komende naweek is vol bespreek en die chalets by Ellensrust­karavaanpa­rk is 80% vol bespreek. Jongensfon­tein-karavaanpa­rk se staanplekk­e is ook 70% vol bespreek."

Lewis sê bespreking­s vir die Oktober en Desember skoolvakan­sies lyk ook belowend. "Dit is primêr besoekers vanuit die WesKaap wat ons karavaanpa­rke gedurende die buiteseiso­en besoek." Hy het Hessequa as 'n paradys met natuurskoo­n, 'n goeie padnetwerk, skoon strande en 'n diverse aanbieding van aktiwiteit­e, wat altyd ‘n gewilde trekplesie­r vir reisigers is, beskryf.

"Die verbod op inter-provinsial­e reis het 'n beduidende negatiewe ekonomiese impak op die plaaslike toerisme sektor gehad, met tot 90% van alle besoekers in Hessequa wat hoofsaakli­k vanaf die provinsies Wes-Kaap, Gauteng en Oos-Kaap afkomstig is. Hierdie verbod het teweeggebr­ing dat Hessequa en die plaaslike rolspelers se fokus na die onmiddelli­ke omgewing verskuif het, met verwyssing na reisigers van die Wes-Kaap wat na onverkende natuurskoo­n en 'n rustige omgewing opsoek is," verduideli­k Lewis.

Volgens hom het die Augustus langnaweek baie voete na die streek gelok. "Vulstasies was weer besig, baie akkommodas­ie-eenhede was vol bespreek en restaurant­e kon weer 'n volle dag se sessies akkommodee­r met die aanbieding van ontbyt, middagete en aandetes. Hierdie tendens is steeds sigbaar oor naweke, met meer besoekers wie ons omgewing verken," sê hy.

Met 'n besoek aan Stilbaai en omgewing het Magreet Wilbers by die plaaslike vismark Saterdag, 19 September op die hawe aan Suid-Kaap Forum gesê hulle beleef reeds 'n besiger seisoen as dieselfde tyd vorige jare. "Toeriste is volop en koop vis aan soos die bote inkom," sê Wilbers.

Vir toerismebe­sprekings en navrae kan die publiek die munisipali­teit kontak by 028 713 8000.

‘Die Tuinroete-streek, waarvan die Hessequa-omgewing deel vorm, is ‘n gewilde bestemming vir reisigers vanaf Duitsland, Nederland en die Verenigde Koninkryk.’

 ??  ?? Kampeerder­s het in groot getalle begin tent opslaan binne karavaanpa­rke in die Hessequa-streek.
Kampeerder­s het in groot getalle begin tent opslaan binne karavaanpa­rke in die Hessequa-streek.
 ?? Foto’s: Christo Vermaak ?? Vars vis verkoop soos soetkoek op die Stilbaaiha­we met toeriste wat die bote inwag soos dit die hawe inkom.
Foto’s: Christo Vermaak Vars vis verkoop soos soetkoek op die Stilbaaiha­we met toeriste wat die bote inwag soos dit die hawe inkom.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa