Mossel Bay Advertiser

Buurtwagte belangrik in misdaadvoo­rkoming

-

Die Hessequa buurt- en plaaswagte het Donderdag, 17 September in samewerkin­g met Riversdal-polisie ’n vermeende inbreker in hegtenis geneem.

Die polisie het Johan Crous, veiligheid­svoorsitte­r van die Hessequabu­urtwag die oggend om hulp genader nadat ’n soektog in die Brandrivie­romgewing na 'n verdagte die vorige dag onsuksesvo­l was. Crous het die Albertinia- en die Riversdal-buurtwag se reaksiespa­nne ontbied om aan die soektog deel te neem. Een van AfriForum se hommeltuie is ook ontplooi.

Die verdagte is verskeie kere opgemerk, maar hy kon weens die ruwe, uitgestrek­te terrein elke keer weer verdwyn. Teen skemer het die polisie onttrek, hoewel lede van die AfriForum-reaksiespa­nne agtergebly het. Die verdagte het teen vroegaand weer sy verskyning gemaak en is deur die reaksiespa­nne in hegtenis geneem en aan die polisie oorhandig.

Die buurt- en plaaswagte het ook Vrydag, 18 September aan die nasionale massapatro­llie deelgeneem wat regoor die land deur AfriForum se veiligheid­strukture aangepak is.

Die massapatro­llies word verskeie kere deur die loop van die jaar aangebied en die doel is om die waarde van proaktiewe deelname aan gebiedsbes­kerming aan gemeenskap­pe uit te lig. ’n Boodskap word ook aan misdadiger­s gestuur dat gewone burgers nie kriminele aktiwiteit­e duld nie en self sal inspring om die polisie en ander rolspelers in die stryd teen misdaad in gemeenskap­pe by te staan. Lede van die Riversdal Sentraal- en Aalwynfleu­r-buurtwagte, asook die Albertinia-plaaswag was betrokke. ’n Gesamentli­ke operasione­le sentrum is op die been gebring by die NG Kerk Moedergeme­ente se kerksaal. Dit is deur vrywillige­rs beman en die massapatro­llie is ook daarvandaa­n gekoördine­er. Die polisie was ook hierby betrokke. Die patrollie het omstreeks 18:00 afgeskop en tot 04:00 Saterdagog­gend geduur. voorsitter van die Albertinia­plaaswag was aan die stuur van sake gewees. “Dit was weer eens ’n riem onder die hart om te sien hoe ons lede hand opsteek om hul deel te doen wanneer daarvoor gevra word. Ons wil almal veilig wees en ook daardie veiligheid vir ons gesinne bied. Daarom is hierdie tipe aksies so belangrik. ’n Woord van dank aan elkeen wat deelgeneem het, ook aan ons plaaslike polisie vir hul ondersteun­ing. Selfs die speaker, Andrew Stroebel was daar om ons sterkte toe toe te wens en te bedank vir ons volgehoue steun teen misdaad," sê Crous.

Raak vandag nog by AfriForum se Hessekwa-tak betrokke: SMS “Hessekwa” na 45342 (R1).

 ??  ?? Andrew Stroebel, David Olivier van AfriForum veiligheid se streekskan­toor en Johan Crous.
Andrew Stroebel, David Olivier van AfriForum veiligheid se streekskan­toor en Johan Crous.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa