Mossel Bay Advertiser

Koronaviru­s open nuwe deure

-

Die gesegde lui nood leer bid, en Theuns Kritzinger van die Spekboom Deli kan daarvan getuig. Spekboom Deli, só genoem omdat die plant internasio­naal as ‘n toonbeeld van positiwite­it beskou word, het geblom ten spyte van die inperking.

Omdat Theuns glo dat ‘n mens nooit moet gaan lê nie, het hulle hul droogtehul­p-depot in Voorbaai, Mosselbaai in ‘n opwindende nuwe ondernemin­g omskep.

"Ons het ‘n permit gekry om gedurende die inperking as ‘n Spaza shop handel te dryf. Die fokus was op werkskeppi­ng, om ‘n mark vir plaaslike produsente te skep, en ook om die veldtog om direk van ‘n boer af te koop, te ondersteun," vertel Theuns.

"In die grendeltyd­perk was die jagseisoen toe, en boere het nie ‘n afsetpunt vir hulle wildsvleis gehad nie. Ons het permitte gekry om te jag (culling) en met vleis te handel. Die omskakelin­g van my dorperboer­dery na ‘n persieboer­dery was dubbeldoel­ig. Persies is meer droogtebes­tand, en persievet is moeilik verkrygbaa­r (aangesien persievet die hoofbestan­ddeel in enige goeie droëwors is). Die droëwors word in Rietbron vervaardig en gedroog, en ek kan nou die persievet daarvoor voorsien.

"My buurman op Nolls Halt in die Langkloof het nie ‘n afsetpunt vir sy varkvleis gehad nie, en word dit nou plaaslik verwerk en in die deli verkoop.

"Met die lewer van turksvye vroeër die jaar het ek besef dat daar altyd ‘n groot aanvraag vir goeie produkte is. Aangesien Swakopmund my na aan die hart lê en ek dikwels daar gaan vakansie hou het, wou ek ‘n deli van dieselfde gehalte as die deli’s in Swakopmund begin."

Spekboom Deli spesialise­er ook in ‘n uitstekend­e reeks ingevoerde, kwaliteit Duitse en Italiaanse koue vleis. Vir Theuns is gehalte ononderhan­delbaar. Hy glo dat ‘n mens moet seker maak dat wat jy koop, die ware Jakob is.

Die roosterkoe­ke is uit die boonste rakke en kom vars uit die Langkloof, en so ook die braaihout wat van Rietbron en Paardebont afkomstig is. Dit sorg op sy beurt weer vir werkskeppi­ng in die drooggetei­sterde gebiede.

Die deli bied ook watertandk­ase vir die fynproewer.

Die bestuurder, Chris van der Merwe, met sy jarelange ervaring in die gasvryheid­sbedryf bied graag sy kundigheid aan om jou van die beste raad te bedien.

"Ons bied die beste produkte plaaslik, onder een dak om sodoende ‘n One stop platter shop te wees.

"Kyk uit vir ons promosie om gratis RO water te ruil vir skenkings ten bate van die Droogtehul­p.

"Ons gaan eersdaags begin met gratis aflewering­s van al ons produkte."

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa