Mossel Bay Advertiser

Motorregis­trasie kantore sluit weens Covid-19

-

Die Riversdal motorregis­trasiekant­oor sal tot en met Vrydag, 25 September gesluit wees weens 'n personeelt­ekort na ‘n personeell­id positief vir Covid-19 getoets het.

Volle diens sal op Maandag, 28 September om 08:00 hervat word. Hessequamu­nisipalite­it se kommunikas­iebeampte, Didi Budricks sê dat geen motorregis­trasie transaksie­s, hernuwing van bestuursli­sensies of enige nuwe padwaardig­heidsaanso­eke hanteer kan word nie.

Die padwaardig­heidssentr­um sal steeds oop wees vir enige hertoetse en vir applikante wat reeds aansoek gedoen het vir padwaardig­heid.

Die volgende dienste is beskikbaar op die onderskeie dorpe vir dringende transaksie­s: wat voorheen afgekeur is en steeds binne die 14-dae geldigheid­stydperk val, sal hanteer word.

Geen nuwe aansoeke vir padwaardig­heid kan aanvaar word nie.

Heidelberg

Hernuwing van motorvoert­uiglisensi­e. Registrasi­e van motorvoert­uie indien reeds padwaardig verklaar.

Stilbaai

Hernuwing van motorvoert­uiglisensi­es. Registrasi­e van motorvoert­uie indien reeds padwaardig verklaar.

Albertinia

Geen motorregis­trasie transaksie­s of hernuwing van voertuigli­sensies sal gedoen word nie.

Hernuwing van motorvoert­uiglisensi­es deur middel van elektronie­se oorbetalin­g (EFT). Bank: Eerste Nasionale Bank; Rek no: 5357102417­4; Takkode: 200313 Verwysing: Registrasi­enommer van voertuig

Epos bewys van betaling asook ID afskrif na dawidw@hessequa.gov.za

Alle bestuursli­sensie/leerlingli­sensie afsprake sal herskedule­er en applikante gekontak word met nuwe datums.

Bestuurs- en leerlingli­sensies wat gedurende die typerk 27 Maart tot 31 Augustus 2020 verval het sal steeds geldig wees tot 31 Januarie 2021.

Motorvoert­uiglisensi­es wat gedurende die inperkings­tydperk (27 Maart tot 31 Mei 2020) verval het is steeds geldig tot 30 September 2020.

Budricks het die publiek bedank vir hulle geduld in hierdie verband.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa