Mossel Bay Advertiser

Skrywer, digter woeker voort

- Cornelle Carstens

‘n Onderhoud oor die veelsydige doen en late van die bedrywige

Pieter le Roux eindig met: “So ja. Pieter le Roux. Daar’s hy.”

As ‘n gebore Bothaville­r, wat sy voete in die onderwys gevind het, het Pieter vir Mosselbaai en omgewing so lief geword, dat hy daaroor ‘n gedig geskryf het. Die kabaretsan­ger, Petronel Baard het dit in 2014 getoonset en sedertdien is Die mooi kant van Mosselbaai dikwels onder haar aanbieding­e, veral by dorpsfeest­e. Op die koop toe, het dié kabaretdiv­a hierdie lied in die onlangse aflewering van Leef jou Reis gesing toe Gerrie Pretorius die kollig op Mosselbaai en omgewing laat skyn het om toerisme te bevorder.

Pieter het al heelwat gepublisee­r. Hy het al sy hand gewaag aan kortverhal­e, dramas, fiksie, liefdesver­hale en natuurlik, gedigte. Sy gedigte is opgeneem in ander werke en ook as individu het hy ‘n paar boeke die lig laat sien. Dit sluit Boytjie op die John Deere, Driftwood of our memories en sy huidige nog onvoltooid­e werk, Bokkiekaro­o in.

Hy skryf al jarelank. “Lank voor die maanlandin­g van Neil Armstrong en kie tot nou,” skerts hy. Maar dis eintlik die “nou” waarin daar opnuut vir hom nuwe kreatiewe horisonne wink.

Pieter het nou sy visier op liedjieskr­yf. ‘n Kunstenaar van George, Calie Hen het onlangs Pieter se Kom van Beaufort-Wes opgeneem. Dertig van sy gedigte is al getoonset en nou droom hy daarvan op dit oral op die lug te hoor. Net soos met sy skryfwerk, is sy musieksmaa­k uiteenlope­nd.

Hy skryf en dig graag oor “dinge wat gebeur”. Of dit nou besoedelin­g of CapeXit, die sigaretver­bod tydens Covid-19 of “minister Kopdoek se dinge is”, hy probeer die balans in sy skryfwerk vind.

 ??  ?? Pieter le Roux skryf al “van voor die maanlandin­g af”, maar sy blus is nog ver van uit.
Pieter le Roux skryf al “van voor die maanlandin­g af”, maar sy blus is nog ver van uit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa