Mossel Bay Advertiser

Ongelukkig oor opgraderin­g

-

Ek ondersteun die opmerking van Fietsryer se skrywe van 11 September in die Mossel Bay Advertiser.

Langstraat is wel oorgedoen, maar met heelwat frustrasie­s vir die inwoners. Een so ‘n frustrasie is die onnodige hoë sypaadjie wat gebou is. Dit is nou wel mooi geplavei, maar sedanmotor­s wat oor dit moet ry om by besighede of woonhuise in te ry, skaaf op dit en dit beskadig ons voertuie.

Oorkant die polisiesta­sie was daar altyd ‘n reguit glipweg om bote in die water in te laat. Nou is dit uitgeskake­l en ‘n ingang is nou verder af aangebring. ‘n Negentiggr­ade draai moet nou om ‘n boom gemaak word om bote te lanseer.

Die parkeerare­a voor die NG kerk, asook die voetpaadji­e is mee weggedoen. Wat is die logika om parkeerple­kke by ‘n kerk en skool minder te maak? Daar was ongeveer 30 parkeerple­kke wat nou verminder is na min of meer 13 parkeerple­kke voor die kerk. En dan is dit nog parallelpa­rkering ook. Parkering is met meer as 50% verminder.

Ek voel dit is uiters swak beplanning en sal graag wil weet hoekom die oorspronkl­ike parkeerare­a nie net opgegradee­r kon word met ‘n nuwe sypaadjie waar die ou een was nie? Ek kan nie dink dat dit gedoen is om verkeer beter te laat vloei nie, aangesien parallelpa­rkering juis verkeer ophou.

Parkering voor die skool was juis ‘n probleem voor die “opgraderin­g”, hoe te meer nou?

Die opvul van die stuk spasie tussen die nuwe sypaadjie en die kerk se heining is ‘n mors van spasie. Hoe gaan die stuk grond afgewerk word?

Die sypaadjie voor die apteek is laer gemaak sodat mens makliker daar kan parkeer, maar die ingang na die veearts is steeds te hoog vir ‘n gewone motor om op te ry sonder om onder te skaaf.

Dit bring my by die nuwe sirkel wat by Searl’s Memorial Church beplan word. Die huidige kruising is voldoende en die verkeer by daardie kruising regverdig nie ‘n sirkel nie. Om eerlik te wees gaan die sirkel net nog meer verwarring veroorsaak, aangesien padverbrui­kers nie weet hoe om ‘n sirkel te gebruik nie.

Die huidige “opgraderin­g” van die pad mag soos ‘n verbeterin­g lyk, maar dit het die hele village atmosfeer van Groot-Brakrivier versuur en is nou daarmee heen. Die oorspronkl­ike pad kon net gerehabili­teer word sonder die sogenaamde provinsial­e bepalings.

Langstraat is volgens my nie ‘n provinsial­e pad nie, maar ‘n gewone straat in ‘n dorp. Provinsial­e paaie is buitestede­lik en dra swaar verkeer wat hier ontbreek. * Kommentaar van die Mosselbaai­munisipali­teit op 'n soortgelyk­e brief het in die Advertiser van 11 September verskyn - Red

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa