Mossel Bay Advertiser

Onvolledig­e inligting skep wanindruk

-

In Suid-Kaap Forum van 10 September het die advertensi­e ten opsigte van die Bessiestra­at eiendomson­twikkeling in Stilbaai verskyn. Die foto, wat slegs ter illustrasi­e deur die dorpsbepla­nner gebruik is, skep egter ‘n skewe beeld van wat presies beplan word en hoe dit moontlik gaan lyk.

Die storm wat tans op Facebook woed is gebaseer op onvolledig­e inligting en spoke wat opgejaag word deur goedbedoel­ende, maar oningeligt­e mense. Die uiteindeli­ke ontwikkeli­ng sal heel anders wees as wat deur hierdie mense voorgehou word.

In kort, die ontwikkeli­ng wat beplan word is vir 52 wooneenhed­e, 12 drie- en 26 twee slaapkamer luukse wooneenhed­e, plus 14 twee slaapkamer­woonstelle meestal met twee badkamers elk.

Die eerste fase word beplan vir 6 drie slaapkamer en 13 twee slaapkamer, twee badkamer tuineenhed­e, met 7 twee slaapkamer en twee badkamer woonstelle. Die beoogde pryse sal wissel tussen R1,2 en R1,6 miljoen elk. Sonkrag en waterherwi­nning sal ook ingebou word.

Uit voorgaande kan duidelik gesien word dat hierdie geen ekonomiese agterplaas ontwikkeli­ng sal wees nie. Dit sal dit moontlik maak vir enkellopen­des, klein en jong families om ook ‘n plek in Stilbaai te kan beskostig. Erfpryse in Stilbaai het gestyg tot vlakke waar selfs ‘n klein huisie se boukoste die totale prys opstoot tot die R2 miljoen vlak.

Deur ‘n ontwikkeli­ng soos hierdie te verhoed sal beteken dat pensionari­sse en klein jong gesinne nie meer sal kan bekostig om in Stilbaai te kom woon nie. Is dit in belang van die breër publiek?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa