Mossel Bay Advertiser

Jerusalema met die #Imagine-groep

- Mariska Visagie

Die Jerusalema-danskoors het behoorlik in die Hessequa-streek posgevat en ook die #Imagine-groep het besluit om die passies aan te leer.

Dié groep het Saterdag, 19 September in die parkeerter­rein voor die getypoel in Gouritsmon­d hul slag gewys.

“Ons het die Jeusalema gedoen omdat ons dit goedgedink het om as ‘n span iets saam te doen. Die dans is iets lekkers vir die kinders,” vertel Glaudine Gordon.

Die #Imagine-netwerk is in 2013 deur ‘n groep tienerbedi­eningsleie­rs begin om geskikte modelle vir tienerbedi­ening te bespreek en te ontwikkel. Sedertdien het die netwerk tot ‘n nasionale beweging gegroei wat uit honderde kerke in verskillen­de denominasi­es en kulturele agtergrond­e regoor Suid-Afrika bestaan.

In 2016 het die netwerk ‘n maatskappy sonder winsoogmer­k, die Imagine Youth Movement geregistre­er as die regspersoo­n van die projekte en programme binne die beweging. ‘n Raad van direkteure, bestaande uit bedienings­leiers binne die beweging bied strategies­e en organisato­riese leierskap. Die direksie is almal voltydse bedienings­leiers.

“Aangesien ons as ‘n netwerkorg­anisasie begin het, word baie projekte en programme deur ander regsperson­e aangebied, onder toesig van die nasionale uitvoerend­e komitee,” verduideli­k Melanie Pretorius.

“Die kinders het Desember verlede jaar by die Fynbos Fees ‘n stalletjie gehad en goedjies verkoop om geld in te samel om in Maart te gaan kamp, maar ons moes dit as gevolg van die Covid-19 inperking kanselleer. Toe vlak 2 aangekondi­g word kon hulle uiteindeli­k die kamp bywoon, wat uiters suksesvol was omdat hulle ook geestelik gegroei het.”

Volgens Gordon het sy nie geweet wat #Imagine is toe sy die eerste keer daarvan gehoor het nie, maar toe sy dit saam met die jeug ervaar het, was dit iets besonders. “Dit bring die kinders saam, ongeag wie jy is of waarvandaa­n jy kom. Saam kan ons berge versit.”

Sy verduideli­k dat hulle twee groepe in Bitouville is, naamlik die Cuppa Girls wat uit meisies bestaan en die Tien Ten uit seuns. Danksy Pretorius het die twee groepe saamgesmel­t. “# Imagine is vir ons ‘n bysaak wat eenkeer in die jaar is.”

 ??  ?? Een-twee-drie, en terug...
Een-twee-drie, en terug...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa