Mossel Bay Advertiser

Dogter op soek na haar ma

- Clive Pretorius

“Help my om my ma te vind sodat haar eerste en enigste kleinkind, sowel as ekself amptelik ons geboortere­g kan opeis,” is die pleidooi van ’n jong ma van Heidelberg.

Die 18-jarige Jo-Ann Plaatjies is angstig op soek na haar ma, Andelize Davids (33), beter bekend as Niesie. Sy was ’n nooi Plaatjies.

Volgens Jo-Ann het sy nog Oktober verlede jaar kontak met haar ma gehad voor laasgenoem­de uit die dorp is, op soek na werk. Andelize bevind haar glo iewers op ’n plaas in die Montagu-, Ashtondist­rik. Sy benodig haar ma om haar geboortese­rtifikaat by haar te kry, asook om aansoek te doen vir haar 11 maandoue baba se geboortese­rtifikaat. Haar ma het ’n paar jaar gelede in Kaapstad gaan werk en het Jo-Ann se geboortese­rtifikaat glo daar agtergelaa­t.

“Ek is werkloos en kan nie aan al my kind se behoeftes omsien nie. Ek wil vir 'n kindertoel­aag aansoek doen sodat ek beter vir my kind kan sorg,” sê sy hartseer.

Sy noem dat haar ma se broer, Derek-John Plaatjies vertel dat hy haar laas op die plaas Rietvlei 2 in Montagu gesien het waar sy met riete gewerk het. Volgens hom het sy ook op ’n stadium by mense in Talliestra­at, Rondomskri­k op Barrydale gebly.

“Mammie, kom net asseblief terug huistoe sodat ek vir my identiteit­sdokument en WayLeigh se geboortese­rtifikaat kan aansoek doen.”

Enigiemand wat weet waar Andelize haar bevind, kan Johnique Smith (071 333 4564) of Clive Pretorius (073 332 8992) skakel, of 'n e-pos rig aan pretoriusc­live@gmail.com

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa