Mossel Bay Advertiser

Maar die kat kom weer

- Louise Karsten

Speurders van die Mosselbaai­polisiesta­sie se week het op ‘n hoë noot begin toe hul aangenome kat, nadat hy vir drie weke vermis was, op Maandag, 12 Oktober weer by kantoor ingestap het. Kolonel Tiger se aanneemma, Anne-Marie van Huizen,‘n klerk by die polisiesta­sie, sê hulle was rasend van bekommerni­s toe die “baas van die kantoor” skielik nie meer soggens die speurders inwag nie.

Die Kolonel woon sedert 2016 by die polisiesta­sie en was veral in die speurders se kantoor kaatjie van die baan. Hy het gereeld op ‘n kantoorsto­el opgekrul en al die speurders op hierdie manier laat verstaan dat hy eintlik die kat se snor én in bevel is. Kolonel Tiger het sy eie slaapplek by die kantoor gehad en sou bedags daar slaap terwyl die speurders om hom woel. Hy het egter ‘n paar weke gelede net verdwyn.

Van Huizen sê hulle was almal baie hartseer oor die Kolonel se verdwyning. “Ons was rasend van bekommerni­s. Ons het die Dierebeske­rmingsvere­niging gebel en het Kolonel Tiger oral waar ons kon op sosiale media as vermis aangemeld. My hart was verskrikli­k seer en die kantoor was net nie dieselfde sonder hom nie.”

Op Maandag, 12 Oktober het ‘n hartseer Anne-Marie ‘n boodskap aan die Mossel Bay Advertiser gestuur en gesê die Kolonel is steeds soek. Maar kort daarna het ‘n speurder by die kantoor vir Van Huizen‘n foto gestuur van ‘n hongerige Kolonel Tiger by sy kosbak.

“Ek is oorstelp van vreugde! Wat ‘n wonderlike manier om die week te begin. Ek weet nie waar die Kolonel was nie, maar ons vermoed iemand het hom dalk gevat en toe van die al die aandag oor sy verdwyning op sosiale media bewus geraak.”

Die Kolonel het Maandag sy magie vol geëet en rustig op ‘n stoel in die kantoor lê en slaap. Vermoedeli­k rus hy uit sodat hy weer kan kattemaai.

* Kolonel Tiger se storie het besonder goed gevaar op die Mossel Bay Advertiser se Facebook-blad. Sien ook die lesersbrie­f en die Woord van die Week op die brieweblad.

 ??  ?? Kolonel Tiger krul gereeld in ‘n kantoorsto­el op.
Kolonel Tiger krul gereeld in ‘n kantoorsto­el op.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa