Mossel Bay Advertiser

Gemeenskap treur oor geliefde brandweerm­an

-

Die dood van bekende brandbestr­yder James Claassen, word wyd in die gemeenskap betreur. Oom James is op Woensdag, 14 Oktober in die ouderdom van 60 aan natuurlike oorsake oorlede.

Met meer as 30 jaar getroue diens aan sy gemeenskap, het James Claassen 'n onuitwisba­re indruk gelaat. Hy was vir almal 'n voorbeeld van toewyding en deursettin­gsvermoë en het menige jonger brandbestr­yder touwys gemaak. Sy dapperheid en daadkrag is in menige voorval bewys en hy het selfs tydens fase 5 van die nasionale Covid-19-inperking steeds gewerk. Met 38-jaar in diens van die munisipali­teit, sou hy oor twee jaar afgetree het.

Die waarnemend­e burgemeest­er, raadsheer Dirk Kotzé het sy meegevoel nie net met Oom James se bloedfamil­ie en die gemeenskap van D'Almeida nie, maar ook met sy brandweerf­amilie betuig. "Ons eer die nagedagten­is van 'n merkwaardi­ge man."

Die portefeulj­evoorsitte­r vir gemeenskap­sveilighei­d, raadslid Niklaas Booisen het gesê hy neem met hartseer kennis van Oom James se dood. "Ek het hom feitlik my lewe lank geken en het voor hom groot geword.”

Die hoof van Mosselbaai se brand-, redding- en rampbestuu­rsdienste, Joseph Johnston sê brandweerk­ollegas is verslae “Ons sal Oom James en sy kwinkslae mis. Hy het diep spore getrap en die jonger personeel verloor beslis 'n mentor. Oom James was die langsdiene­nde brandbestr­yder wat sedert 1982 in diens van sy gemeenskap was. Geen taak was ooit te veel vir hom nie en hy was altyd bereid om die jonger lede by te staan en te leer oor die roeping as 'n brandbestr­yder.”

 ??  ?? Wyle James Claassen
Wyle James Claassen

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa