Mossel Bay Advertiser

Danabaai loop erg deur onder diewe

-

Inwoners van Danabaai het sedert die nasionale Covid19-inperking behoorlik onder misdaad deurgeloop. Die

Mossel Bay Advertiser het kommerwekk­ende skokkende statistiek van misdaad in die gebied wat tydens Septemberm­aand plaasgevin­d het, onder oë gehad. Die polisie wou egter nie daarop kommentaar lewer nie. Buurtwag-voorsitter, Otto Ploog sê hulle het veral ‘n styging in misdaad gesien sedert Maart vanjaar.

“Ons dink dit is omdat mense honger is. Ons vermoed ook dat baie van die voorvalle geleenthei­dsmisdaad is.” Ploog sê hulle sukkel veral met diefstal uit motorvoert­uie.

“Ons versoek inwoners om asseblief nie enige besittings op voertuigsi­tplekke te los nie. Dit lok misdadiger­s.” Hy sê inwoners moet ook saans hulle gordyne toetrek.

“Baie van die misdaad gebeur wanneer skelms sien wat in inwoners se huise is, waar die rekenaars en televisies is. Saans wanneer inwoners in hulle wonings doenig is, kan misdadiger­s alte goed van buite af binnetoe sien."

Ploog vra inwoners om alle misdaad by die buurtwag, maar ook by die KwaNonqaba­polisie aan te meld. “Ons sit byvoorbeel­d met baie meer inligting oor misdaad hier in Danabaai as wat die polisie het. Dit beteken dat dit nie aangemeld word nie. Die polisie kan ons nie help as hulle nie deeglik van die probleme bewus is nie.”

 ?? Foto: Jannie du Plessis ?? Danabaaier­s word behoorlik gepeper deur misdadiger­s.
Foto: Jannie du Plessis Danabaaier­s word behoorlik gepeper deur misdadiger­s.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa