Mossel Bay Advertiser

Pedofiel vra weer borg

- Christo Vermaak

‘n Man van Stilbaai wat daarvan aangekla word dat hy seksdade met twee minderjari­ges gepleeg het, sal vandag, 16 Oktober vir die sesde keer in die Stilbaai-streekhof probeer om op borg vrygelaat te word.

Die vermeende pedofiel staan tereg op twee klagtes, waar hy na bewering oor ‘n tydperk van drie jaar seksdade met twee kinders van onderskeid­elik agt en 10 jaar oud sou gepleeg het na hy hulle vertroue gewen het.

Sy borgaansoe­k is Vrydag, 9 Oktober na 16

Oktober uitgestel.

Suid-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, kaptein Malcolm Pojie het weereens benadruk dat nog soortgelyk­e klagtes teen die beskuldigd­e aanhangig gemaak kan word. Hy sê deel van die ondersoek is dat die beskuldigd­e nóg kinders se vertroue gewen en seksdade met hulle gepleeg het.

“Soos die verhoor verloop verwag ons dat nog slagoffers na vore sal kom. Die ondersoek is in ‘n sensitiewe stadium en kan ons nie nou meer besonderhe­de bekend maak nie.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa