Mossel Bay Advertiser

Polisie verskerp optrede

- Christo Vermaak

Met die feesseisoe­n om die draai staan die polisie bont om misdadiger­s vas te trek.

Riversdal se polisiekom­munikasieb­eampte, konstabel Venia Daries waarsku dat booswigte besig is om hul kriminele voornemens tot aksie uit te voer.

Huishoudel­ike geweld wek ook kommer by die polisie. Daries rig ‘n dringende versoek om konflik op ‘n vreedsame manier op te los in plaas daarvan om handgemeen te raak, wat mense agter tralies kan laat beland. Sy vra dat mense pro-aktief moet optree om misdaad te voorkom en bekamp.

Van die misdrywe wat besig is om hoër syfers te toon, is diefstal uit motorvoert­uie, aanranding en internetbe­drog. “Ons ondervind ook ‘n toename in diefstal vanaf motors. Dit is veral motorbatte­rye wat gesteel word. Die gemeenskap moet sorg dat hulle voertuie gesluit en vensters toe is wanneer dit geparkeer word en om nie waardevoll­e items te laat rondlê nie." sê Daries.

Daar is ook ‘n toename in aanranding op hawelose mense. "Ons gaan streng optree teen diegene wat hulle skuldig maak aan sulke aanranding­s," waarsku Daries.

Die polisie kry ook meer klagtes oor verdagte mense en voertuie wat in die sakekern, sowel as woongebied­e van Riversdal rondbeweeg.

Die gemeenskap word gemaan om by kitsbanke op hul hoede te wees.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa