Mossel Bay Advertiser

Totsiens ou pont, hallo nuwe pont

- Wilma Adamson

Die nuwe Malgas-pont wat die plek van die oue ingeneem het, is gedurende die eerste week van Oktober in werking gestel.

Die ou pont, wat vir jare ‘n baken op Malgas was, is op 24 Junie vanjaar uit die water gehaal. Volgens Swellendam se burgemeest­er, Nicholas Myburgh, was veiligheid die hoofoorweg­ing hiervoor gewees. Die ou pont was die enigste in die land wat nog met mannekrag bedryf is. Dit is vervang met ‘n nuwe gemotorise­erde pont, dubbel die grootte van die oue. Die nuwe pont is 17,075 m lank, 6 m breed en kan 20 ton dra, wat dit geskik maak vir die vervoer van groot plaasimple­mente, toeristebu­sse, passasiers­voertuie en ligte aflewering­svoertuie.

Selfs die petisie wat op Facebook begin en blykbaar deur meer as 21 000 mense onderteken is, kon nie die vervanging van die ou pont keer nie. Myburgh, wat self die petisie begin het, het gesê dat die pont in die Overberg so deel van die erfenis soos biltong, rooiwyn of ‘n naweekbraa­i is. Hy het aangevoer dat die pont ‘n belangrike toerisme-aantreklik­heid is en die omgewing se uniekheid beklemtoon.

Jandré Bakker, kommunikas­iehoof van die departemen­t van vervoer het gesê dat die besluit om die ou pont te vervang nie ligtelik geneem is nie. Volgens hom was veiligheid van diegene wat die ou pont bedryf en gebruik daarvan die belangriks­te oorweging. Die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheid­sorganisas­ie het immers in ‘n onafhankli­ke ondersoek bevind dat die ou pont en die staalkabel waarmee dit oor die rivier getrek word, ‘n gevaar inhou.

“Dit sal tot voordeel van toerisme strek omdat die veilige nuwe pont aan internasio­nale standaarde voldoen en kosteloos tot gebruikers se beskikking gestel sal word.”

 ?? Foto’s: Belinda Bouwer ?? Die nuwe pont kan tot 20 ton dra.
Foto’s: Belinda Bouwer Die nuwe pont kan tot 20 ton dra.
 ??  ?? Die ou pont by Malgas is nou geskiedeni­s. REGS BO: Die nuwe pont is vroeg in Oktober in werking gestel.
Die ou pont by Malgas is nou geskiedeni­s. REGS BO: Die nuwe pont is vroeg in Oktober in werking gestel.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa