Mossel Bay Advertiser

‘Stop hulp aan SAL en Eskom, gee vir plaaslike regering’

- Cornelle Carstens

“Stop die bail outs vir Eskom en die Suid-Afrikaanse Lugdiens en gee die geld eerder vir plaaslike regering waar armoede dag in en dag uit beveg word deur geleenthed­e te skep om die ekonomie te herbou.” Dít was die woorde van WesKaapse LUR van plaaslike regering, omgewingsa­ke en ontwikkeli­ngsbeplann­ing, minister Anton Bredell tydens die amptelike opening van twee besigheids­komplekse in Mosselbaai op Vrydag, 9 Oktober. Bredell het ook gesê dat die Wes-Kaapse regering 26 jaar na die demokratie­se dispensasi­e, pynlik bewus is van die land se kritieke probleme soos armoede, werklooshe­id en ongelykhei­d en dit is waarom dit so belangrik is om suksesse in ekonomiese ontwikkeli­ng te vier.

Die D’Almeida Beehives en die Kwano-besigsheid­skompleks is deel van die Wes-Kaapse regering se RSEP-program (Regional Socio-Economic Programme) en die ontwikkeli­ngskoste het ongeveer R13.2 miljoen beloop.

Bredell het verduideli­k dat die RSEP-program daarop gemik is om lewenskwal­iteit binne gemeenskap­pe te verbeter. Die RSEP-program het in 2013/14 begin danksy ‘n € 5 miljoen skenking bewillig deur die Duitse ontwikkeli­ngsbank.

“Daar is ‘n oorvloed slegte nuus, veral vanweë die Covid19-pandemie

se effek op die ekonomie. Daarom gee dit my eindelose vreugde om vandag hierdie mylpaal te kan vier. Ook omdat dit toon hoe die provinsie, te midde van ‘n wêreldwye pandemie, hulle daarvoor bewyer om mense te lewens postief te verander.”

Beide besighedsk­omplekse bied tans 34 eenhede waaruit entreprene­urs kan sake doen. Die D’Almeida Beehives, wat voorheen vraghouerw­inkels was, is herbou, terwyl die Kwano-kompleks ‘n hele paar opwindende, gemeenskap­sgerigte ekstras bied.

Hier word ‘n motorwasse­ry bedryf en is ‘n astroontsp­anningsare­a, buiteluggi­mnasium, verhoog vir optredes en speelgrond nét die plek waar oud en jonk in die gemeenskap in ‘n veilige ruimte byeen kan kom. Pragtige muurskilde­rye maak die kompleks ook ‘n lus vir die oog.

Waarnemend­e burgemeest­er, raadsheer Dirk Kotzé het met trots bygevoeg, dat dit ‘n besonderse voorreg is om, wat die projek se ontwikkeli­ng betref, te kan sien wat verrys het uit twee oop areas waar daar voorheen niks was nie. “As ‘n besigheids­man, lê ekonomiese ontwikkeli­ng my baie na aan die hart. My wens is, dat soos daar uit niks iets verrys het, dat die entrepeneu­rs wat sake doen by hierdie nuwe komplekse, se besighede ook sal opstaan en rys.”

Die stukrag agter die projek was befondsing deur die Mosselbaai­munisipali­teit, die provinsial­e department vir ekonomiese ontwikkeli­ng en toerisme, asook die nasionale departemen­t vir die ontwikkeli­ng van kleinsakeo­nderneming­s.

“Hierdie twee besigheids­komplekse is ‘n uitstekend­e voorbeeld van goeie samewerkin­g op verskeie regeringsv­lakke,” het Bredell gesê. Bredell het hom ten slotte ook verbind tot ‘n “warm debat” oor begrotings­besnoeiing. “Dit maak geensins sin dat R10,8 biljoen deur die nasionale regering begroot word om SAL te red terwyl plaaslike regerings se begroting besnoei word nie.”

Foto’s: Jannie du Plessis

 ??  ?? Een van die prag muurskilde­rye by die Kwano-besigheids­kompleks. Hier is (van links) raadsdame Venolea Fortuin, raadsdame Rosina Ruiters, minister Anton Bredell, raadslid Erica Meyer en Gwynnefer Harding van die Mosselbaai­munisipali­teit.
Een van die prag muurskilde­rye by die Kwano-besigheids­kompleks. Hier is (van links) raadsdame Venolea Fortuin, raadsdame Rosina Ruiters, minister Anton Bredell, raadslid Erica Meyer en Gwynnefer Harding van die Mosselbaai­munisipali­teit.
 ??  ?? ‘n Vreudgevol­le oomblik toe die Kwano-besigheids­kompleks amptelik geopen word.
‘n Vreudgevol­le oomblik toe die Kwano-besigheids­kompleks amptelik geopen word.
 ??  ?? Reënweer het verhoed dat die opening van die D’Almeida- en Kwano-komplekse ter plaatse kon gebeur. Dansers het gaste tydens die formalitei­te in die Mosselbaai-stadsaal vermaak.
Reënweer het verhoed dat die opening van die D’Almeida- en Kwano-komplekse ter plaatse kon gebeur. Dansers het gaste tydens die formalitei­te in die Mosselbaai-stadsaal vermaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa